Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

TEMA: OPENBARE SAKE

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

AANBIEDER: CARIEN VAN NIEKERK

DATUM: 25 JUNIE 2025     

Belinda te Baerts deel haar ervarings met Vryburg VLV.

Op 15 Desember 2019 is ‘n baba toegedraai in ‘n kombersie, buite haar huis gelaat. Net daar het haar reis met kwesbare kinders begin. Sy het toestemming by welsynsdienste gekry om die baba tydelik te versorg. Vandag is haar huis wettiglik ‘n plek van veiligheid waar kinders in nood geplaas word tot pleegsorg gereël kan word. Sy en haar man is deeglik ondervra en ondersoek voor die hof toestemming verleen het. Welsynswerkers bring gereeld besoeke om na die kinders se welstand om te sien.

Baie kinders beleef skeidingsangs en hunkers slegs na liefde. Dit neem soms lank om ‘n geboortesertifikaat te bekom en weens adminitratiewe vertragings en ‘n tekort aan maatskaplike werkers wag sommige kinders jare lank om in pleegsorg geplaas te word. Kinders moet intussen in ‘n plek van veiligheid geplaas word. Kinders raak lief vir die personeel en dit kan traumaties wees om in pleegsorg geplaas te word.

Trudie Kok het demonstreer hoe ‘n lugbraaiers gebruik kan word om verskillende geregte voor te brei. Vir ‘n kaaskoek word 4 eiers geklits met 250 ml roomkaas en een blik kondensmelk. Plaas in houer wat in oond pas en bak 20 min by 180 ºC.

Nellie Viljoen en Carien van Niekerk oorhandig kombersies aan Belinda te Baerts

Trudie Kok