Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

TEMA: OPVOEDING

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

AANBIEDER: LINDI JANSEN VAN VUUREN 

DATUM: 14 MEI 2025  

Ter viering van Afrikaans as amptelike taal, het Karli Jansen van Vuuren ‘Probleme met seuns’ deur Jaco Jacobs en Linieke Meintjies ‘Dinge wat tieners haat’ deur Jonel du Toit voorgelees by Vryburg VLV se vergadering.

Hilette Bouwer gesels oor haar passie vir onderwys, veral vir kinders wat nie die druk van hoofstroom onderrig kan hanteer nie. Tegnologie moet tot voordeel van kinders gebruik word. Sy vind baie aanklank by die teorieë van Melody de Jager. Kinders word oorweldig deur die eise wat aan hulle gestel word. If they could, they would. Geen kind wil anders wees nie. Die brein kan nie onafhanklik van die liggaam funksioneer nie. Emosionele intelligensie help die kind om te fokus, te konsentreer en dinge te onthou. Gravitasiekrag is ‘n integrale deel van leerproses.

Sy bedryf ‘n sentrum vir tuisonderrig en volg die stadige roete wat die pas van die kind volg. Die kind moet selfvertroue bou om te kan leer. Angs en depressie belemmer die leerproses. 

Charlotte Bouwer herwin en vernuwe artikels deur gebruik te maak van kalkverf, materiaal, tou en ‘n gomgeweer.

Bejaardes maak saak: Lede dra turkoois vir bewusmaking van bejaardes. Carien van Niekerk oorhandig toiletware aan Carina Botma vir die dienssentrum se noodkas. 

Karli Jansen van Vuuren, Linieke Meintjies en Lindi Jansen van Vuuren

Hilette Bouwer en Lindi Jansen van Vuuren

Charlotte Bouwer

Carina Botma en Carien van Niekerk