Versier ‘n rok met smokwerk

 

Versier ‘n rok met smokwerk

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 29 Jun 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 13 Junie 2019

 

Leefstyl vergadering demonstreer smokwerk aan lede

 

Nieuwoudtville VLV se Leefstyl portefeulje het op 13 Junie 2019 by die Nedersetting ‘n vergadering gehou om smokwerk te demonstreer aan die lede.

 

Andolene Nel doen al veertig jaar smokwerk.  Andolene vertel hoe sy begin het. Haar ma het haar geleer en haar eerste probeerslae was maar swak. Sy vertel verder van die geskiedenis van smokwerk. Dit kom al ‘n paar duisend jaar aan. Sy wys voorbeelde van smokwerk. Daar is verskillende style – bishop, ragland en tradisioneel.

 

Andolene Nel demonstreer smokwerk

 

Smok met ‘n natuurlike stof. Sintetiese materiaal maak bobbels. Andolene wys ‘n paar voorbeelde. Kies ‘n lap en kyk watter kleure gare daarby pas. Daarna kyk na die ontwerp wat sal werk. Sy stel voor; kry vir jou ‘n patroon en kopieer dit om tyd te bespaar.

 

Andolene wys hoe die smokmasjientjie werk om plooie te maak. Dis baie vinniger as met die hand. Sy wys ook die boeke wat jy kan kry oor smokwerk en patrone.

 

Pragtige smokrokkie

 

Hester Nel verduidelik hoe om pasta in ‘n elektriese drukkoker te maak. Hoenderborsie van gevries tot gaar is net 8 minute! Gevriesde lamsvleis, 1k water, speserye, 40 minute – tot gaar. Groente – slegs 7 minute. Om ryspoeding te maak neem jy klaar gaar rys. Sy vertel van geregte wat werk en nie werk in die ‘slowcooker’ nie, soos bv. brood bak. Sy vertel verder van lekker en maklike mikrogolf resepte. Vertel ook wat jy alles in ‘n konveksie-oondjie kan bak en gaarmaak. Daarna word almal uitgenooi om aan die verskillende disse te smul.

 

 

Post a comment