Tooi jou tafel mooi

 

Tooi jou tafel mooi

Posted by VLV in Moorreesburg, News 14 Sep 2017

Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Beriggewer: Martelize Britz

Datum:  13 September 2017

 

Die Gesondheid en Opvoeding en Kultuur portefeuljes het die vergadering gereël. Daar is eerstens oor die Kongres verslag gedoen en Moorreesburg tak het 2 kompetisiewenners opgelewer!  Evelyn Dippenaar het ‘n derde plek verwerf vir haar pragtige weefwerk.  Hannetjie du Plooy het ‘n vierde plek behaal vir haar mooi hekelwerk.

 

 

 

 

Joline Rossouw oorhandig die sertifikate aan Hannetjie du Plooy en Evelyn Dippenaar

 

Die eerste spreker was Wilinda Hanekom, ‘n baie bekende en kreatiewe spysenier van Moorreesburg.  Sy het kom wys hoe om sonder blomme jou tafel te versier. Sy sê daar is geen verskoning vir ‘n onversierde tafel nie, gebruik enige loof met tekstuur, kyk net rondom jou.  Kyk veral vir plante wat ’n dikkerige blaar het, dit verlep nie so gou nie.  Belê ook in gewone rekkies, dit hou die stele mooi bymekaar.  Jy benodig nie eers oasis nie.  Sommer gou-gou het sy ‘n pragtige ruiker bymekaar gesit vir die tafel met verskillende loof en om hoogte te kry, het sy 2 groot glasblompotte en verder gewone glase gebruik.

 

Annalie Bester en Wilinda Hanekom

 

‘n Tweede spreker was Henriëtte Kotze wat kom wys het hoe om koeverte te versier wanneer jy bv geld of ‘n geskenkbewys vir ‘n geskenk wil gee.  Sy gebruik ‘n papierdoilie wat sy om ‘n koevert vou en dan vasplak. Baie mooi.  Verder het sy met gekleurde, stewige papier en ‘n paar versierings ook ‘n pragtige houer vir geld of geskenkbewys gemaak.

 

 

 

 

 

 

 

Die derde spreker, Hurita Visser, het kom vertel van ensiempleisters en hoe dit haar man se lelike sny op sy been gesond gekry het.  Verder het sy die belang van ‘burn shields’ kom beklemtoon, veral as jy klein kinders in die huis het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daar was ook ‘n item gelewer deur die Gr 2’s van Dirkie Uys Laerskool wat goed gepresteer het in die Eisteddfod.  Hulle het hul oulike gediggies kom opsê.

 

Eisteddfod leerders en juf Nollie Bester

 

‘n Baie interessante vergadering wat almal geïnspireer het.

Post a comment

nineteen − sixteen =