Spog met jou foto’s

 

Spog met jou foto’s

Posted by VLV in Britstown Tak, News 07 Sep 2017

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Britstown

Studierigting:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Sunel Jansen van Rensburg

Datum:  6 September 2017

 

Selfoonfotografie, die maklike opsie

 

Die belangrikste is om jou eie selfoon te leer ken, o.a. al die kamera-fuksies.  Moenie te veel bekommerd wees oor al die tegniese aspekte nie, konsentreer eerder op die komposisie van die foto’s.  Die basiese komposisionele beginsels is eerstens die reël van derdes.  Deel die skerm in derdes (horisontaal en vertikaal).

 

Belangstellingspuntevan die komposisie sal op die lyne wees en nie in die middel van die raam nie.  Leer om goeie lig te sien.  Werk die toneel?  Neem vanuit alle posisies, m.a.w. bo, onder, skuins, oral.

 

Vermy “zoom” op die foon, die foto word net opgeblaas en die kwaliteit word verminder.  Speel met refleksies en raam foto’s op ‘n natuurlike manier.  Neem aanmekaar en speel met die kamera.  Laastens, verander die foto as jy nie tevrede is nie.  ‘n Goeie “App” vir foto’s is SNAPSEED.  Spog met jou foto’s!

 

Post a comment

11 + four =