So vou jy ‘n samoesa

 

So vou jy ‘n samoesa

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 11 Aug 2017

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alta Britz

Datum:  10 Augustus 2017

 

Ons begin die vergadering op ‘n gesellige noot want ons twee “porseleinpoppe” verjaar!  Johanna van Wyk  stel ‘n heildronk in op Daphne Auret (90jr) en Jacoba du Plessis (91 jr) wat in Augustus verjaar.

 

Heildronk –  Martina Fouche, waarnemende Voorsitter, Johanna van Wyk, Daphne Auret en Jacoba du Plessis

 

Mareli Retief, ‘n dieetkundige praat oor gesonde eetgewoontes vir persone bo 60 jaar.  Aangesien ‘n mens se spiere verswak is dit baie belangrik om genoeg oefening te doen  en genoeg proteine in te neem. Sy beveel aan  dat ‘n persoon 1 gram protiëne  vir elke kg ideale liggaamsmassa moet in neem.

 

Zainul Adams demonstreer hoe om tradisionele samoesas te maak.  Ons oefen op papierstroke om samoesas te vou – dit is nogal nie so maklik nie!  Alhoewel die tuisgemaakte deeg lekkerder is, is dit darem baie makliker om die klaar deegstroke te koop. Ons kyk nou met ander oë na ‘n samoesa!

 

Zainul Adam – demonstreer die maak van samoesas.

 

Christine Werth demonstreer hoe om kunswerke met toiletrolle te maak, asook hoe om  plekmatjies te verf.

Christine Werth – tafelmatjies

Sy het afvalstukke hardebord gebruik om die  spesifieke tafelmatjie wat sy gedemonstreer het te maak: 1. Bedek met een laag  wit verf.  2. Plaas kant bo-op voordat die verf heeltemal droog is. 3. Verf bo-oor kant ‘n laag grys verf. 4. Haal kant af voordat dit heeltemal droog is. 5. Spuit kleurlose vernis bo-oor as verf heeltemal droog is.

 

Gerda v.d. Vyver, sameroeper van Leefstyl, lig ons in oor die  nuwe obsessie nl . om wenkbroue te verdik. Met die fynste mikrolemmetjie word die allerfynste snytjies in die wenkbroue gemaak en word pigment in die epidermis geplaas.

 

Marli Retief, dieetkundige en Gerda v.d. Vyver, Leefstyl sameroeper

 

 

Post a comment

two × 4 =