So oorkom ouers struikelblokke

 

So oorkom ouers struikelblokke

Posted by VLV in News, Vryburg Tak 23 Jan 2019

Sirkel: Kalahari

Tak: Vryburg

Studierigting: Opvoeding

Beriggewer: Ora Jordaan

Datum: 22 Januarie 2019

 

 

Leandri Pienaar deel haar ondervindinge met Vryburg VLV. Haar dogtertjie is op 16 maande gediagnoseer met ‘n breingewas en het talle operasies en terugslae gehad. Dit was nie ‘n pad sonder struikelblokke nie, want na elke terugslag moes Leanké weer van vooraf leer sit, praat en loop. Sy is tans in Graad 1 en geensins intellektueel gestrem nie. Leandri bied ook remediërende-en spelterapie vir kinders aan.

 

 

Marian Poonawassy se seuntjie is op 4 jaar met outisme gediagnoseer. Sy getuig dat dit net deur gebed en genade is dat sy die situasie kon aanvaar. Hy is tans by die BreinRem Kleuter Akademie van Leandri Pienaar waar hulle fokus op intense stimulering van mylpale wat nodig is vir formele onderrig. Kinders met spesiale behoeftes word ook geakkommodeer. Daar is twee klasse elk met ‘n onderwyseres en assistant wat wondere verrig met die kinders.

 

Marian Poonawassy en Leandri Pienaar

 

Post a comment