Sny ontwerpe uit met ‘n lasermasjien

 

Sny ontwerpe uit met ‘n lasermasjien

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 26 Jun 2019

Sirkel: Namakwaland

Tak: Vredendal

Portefeulje: Kunste En Handvlyt

Beriggewer: A Beelders

Datum: 13 Junie 2019

 

Kuns om houtvoorwerpe met lasersnyer te sny:

 

Vredendal VLV dames leer oor die kuns om houtvoorwerpies soos voëls, diertjies ensovoorts te ontwerp en met ‘n Lasersnyer uit houtblaaie te sny.

 

Lizette Brand kom vertel van haar stokperdjie om die uitsnywerk te doen. Sy is eintlik die plaaslike bibliotekaresse.

 

Haar Lasermasjien is nie industrieel nie en kan houtblaaie  van tot 600 mm by 400 mm en 3 mm dik hanteer. Ontwerpe word op die rekenaar gedoen en die meeste tyd word gewoonlik aan die ontwerp van ‘n artikel spandeer.  Die uitleg van ontwerpe moet goed beplan word om jou hout so ekonomies moontlik te gebruik. Jy kan ook “detail” op die ontwerpe aanbring deur brandwerk met die Laserstraal aan te bring.  Die Laser kan ook natuurlike materiale sny en ook karton en viniel.  Vir graveerwerk moet die snyer  vlakker gestel word.

 

Sy besit ook ‘n Silhouette masjien wat beter is vir die sny van viniel.  Die masjien sny met ‘n lemmetjie en nie met ‘n Laserstraal nie.  Perspex is ook bewerkbaar maar baie duur.  Met die Silhouette masjien kan ook laslappie blokkies gesny word – gebruik ‘n spesiale lemmetjie.  Die lede het die aanbieding baie geniet.

 

 

 

 

Lizette Brand

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment