Poeierpastelle

 

Poeierpastelle

Posted by VLV in Lady Grey Tak, News 15 Sep 2017

Sirkel: Noord-OosKaap
Tak: Lady Grey
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Berriggewer: Marieka Bekker
Datum: 14 September 2017

 

Rolanda du Preez en haar Kunste en Handvlyt-span het die tafels in Blue Pepper te Lady Grey pragtig versier. Die tafels was getooi in lentekleure en elke lid het ‘n kolwyntjie wat soos ‘n blommetjie lyk, gekry. Die lede moes die persoon regs van hullle op ‘n stukkie papier met inkleurkryt uitbeeld. Dit was interressant om te sien hoe kreatief die dames is. Die idee was om te sien hoe ander mense jou sien, en dis nie noodwendig dieselfde as wat jy oor jouself voel of dink nie.

Monique Duke en haar dogter Megan het ‘n mimiek gedoen wat die hele groep vroue se aandag vasgevang het.

Die dames het later net oor die straat gestap na waar Viljoen Matthee, een van die onderwysers van The Arts Academy of Lady Grey besig was om klas te gee. Viljoen het met soveel kennis en gretigheid elke tipe skildery beskryf. Hy het duidelik ‘n groot liefde vir kuns en sien die mooi in elke skildery of tekening raak. Ons was verbaas om te sien hoe groot die skool is en daar is orals skeppings wat die mure vol hang. Viljoen het vertel hoe leerders soms met weinig talent begin en dan baie hard oefen en teken tot hulle ‘n meesterstuk voltooi het. Viljoen het ook spesifieke wenke gegee oor ‘n poeierpastel-skildery, omdat dit een van die items is wat vir 2018 se Konferensie ingehandig moet word.

Terug by Blue Pepper, het Anne-Marie du Preez die dames gewys hoe om Tunisiese hekelwerk te doen. Annemarie het die mooiste kleurvolle kombersie gemaak.

 

Viljoen Matthee verduidelik die kunswerke aan die lede.

 

VLV Lady Grey Lede.

 

 

 

 

 

 

 

 

Die blommekolwyntjie by elke lid se plek.

 

Post a comment

one × five =