Ondersteun Christian Friendly produkte

 

Ondersteun Christian Friendly produkte

Posted by VLV in Kraggakamma, News 09 Aug 2017

Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 8 Augustus 2017

 

Mnr. Etienne de Jager het ons tak besoek om ons meer te vertel oor die halaal teken en hoe dit ons beïnvloed.

 

Islam is `n godsdiens wat wêreldwyd sterk groei. Hulle is hoofsaaklik in Noord-Afrika, Midde-Ooste en Arabiese lande. Daar is egter ook groeperings in ander dele van die wêreld. In Suid-Afrika behoort ongeveer 2% van die bevolking aan Islam.

 

Islam het `n paar bronne van inkomste waarvan een die halaal teken is. Die halaal teken word slegs in nie-Moslem lande gebruik. Die teken word op produkte geplaas om vir Moslems te verseker dat die voedsel volgens hul voorskrifte berei is en dat hulle dit dus kan gebruik. Firmas wat die teken op hul produkte plaas, moet `n heffing aan die Moslem Raad betaal. Die fondse wat so ge-in word, word op verskeie terreine aangewend. Ongelukkig is een daarvan ter ondersteuning van hulle sogenaamde “heilige oorlog” wat terrorisme insluit. Die geraamde inkomste uit die gebruik van die halaal teken in Suid-Afrika is R56 miljoen per jaar.

`n Groot aantal produkte op winkelrakke het die halaal teken op, ook dus produkte van alledaagse gebruik wat alle mense koop, insluitende Christene. Indirek dra ons ook tot hul inkomste by.

Daar is `n groep Christene wat poog om `n alternatief vir die halaal teken daar te stel. Die naam van die teken is “ Christian Friendly” wat in die plek van die halaal aangebring kan word.

 

Beskrywing van foto`s vir webwerf artikel van Augustus 2017.

 

Etienne de Jager, Anne de Beer, sameroeper van Openbare Sake en Marius Jonker.

 

Die Christian Friendly teken.

 

 

                

Voorbeeld van die halaalteken op produkte.

 

 

Post a comment

11 − ten =