‘n Vrou in elke geur

 

‘n Vrou in elke geur

Posted by VLV in Durbanville Tak, News 15 Aug 2017

 

Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 14 Augustus 2017

 

Durbanville het op 14 Augustus ‘n baie interessante vergadering gehad. Elbe Klue het met ons kom praat oor parfuum en dit het my regtig laat dink aan die gediggie My nooi is in ‘n nartjie.

 

Sy het vertel dat parfuum hoofsaaklik in 4 geure verdeel word, nl blomme, sitrus, kaneel en hout, Dis nogal interessant om te besluit in watter groep jy val. Na ‘n reuksessie kon  ons besluit watter geur ons geval. Sy het ons ook ingelig watter metode gebruik moet word om die geure te toets, en let wel, net 2 geure per keer, een op elke pols en dit  moet nie gesmeer word nie. Die beste plek ook om parfuum te spuit is aan die bokant van jou bloes of trui of op jou pols.

 

Elbe Klue aan die woord.

 

Elbe gesels met Elsabe Start.

 

So baie mense wou met haar gesels het, maar ‘n oggend is ook net so lank.

 

 

Post a comment

12 − 2 =