Mooi van binne en buite

 

Mooi van binne en buite

Posted by VLV in News, Slot-van-die-Paarl 06 Sep 2017

Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 5 September 2017

 

 

 

 

 

 

 

Voorsitter Frouwien du Toit by die gasspreker Lize Tredoux en gasvrou Nettie Marais

 

 

 

 

 

 

Lize Tredoux, ‘n dame wat al ‘n dissipelskapkursus gedoen het en by Volwasse Menswees gewerk het, was net die regte persoon om te praat oor innerlike en uiterlike skoonheid. As jy innerlike vrede het en aan God alle eer gee, sal innerlike skoonheid uitgestraal word. Jy is so gelukkig soos jou verhoudings met jou familie, huismense, vriende, kollegas ens.

 

 

 

 

 

 

Wat is skoonheid?

Die media bombardeer ons met wat hulle as skoonheid sien – onrealistiese verwagtings word so geskep. Ons is soos ‘n tuin met baie blomme; elkeen uniek, kleurvol en geurvol. Skoonheid is nie net uiterlik nie, maar veral innerlik. Krale en grimering maak jou van buite mooi, maar skoonheid straal uit van binne af. Spreuke 31:30. As ‘n vrou die Here dien, is sy pragtig! Ons almal is instaat tot alles – met God as ons medewerker.

 

Deel van die uitstalling van daai goed in jou klerekas waarvan jy net nie kan ontslae raak nie.

 

Uiterlike Skoonheid – Klerekas beplanning:

Begin deur jou hele kas uit te pak. Pak net terug wat jy REGTIG dra. Skenk die res aan iemand wat dit nodig het. Rangskik jou kas volgens ‘n stel van bv broeke, rompe, bloese, serpe, skoene, ens. Kyk na kleure wat jou goed laat lyk – wanneer jy komplimente kry. “Springclean” so ‘n bietjie.

 

K – Die beplanning van jou Kas

L – Ligaamsvorm. ▲ ▼  ●. Dra klere wat by jou vorm pas.
▲ – Geen strikke, valle ens op  heupe.
▼ – Geen strikke ens bolangs
● – Skipants en lang hemp.

E – Ekstras –  Serpe, borsspelde, belt, juwele.

R – Reënboog – KLEUR – Toets kleure uit.

E – Ens – onderklere – pas aan, soek die regte snit vir jou.

 

Tooi jouself mooi.…

Elke vorm is perfek. Soos jy NOU is, is perfek. Trek reg aan, wat jou vorm komplementeer. Wanneer jy die kas uitpak, kry raad by ‘n goeie vriendin of dogter.

 

Kompetisie-tafel in voorbereiding vir die jaarlikse Intertak.

 

Post a comment

6 + three =