GESKIEDENIS

Die vereniging is gestig in Franschhoek op 15 Oktober 1929. VLVK se hoofkantoor is ‘n nasionale gedenkwaardigheid te Dorpstraat 126, Stellenbosch. Dit was die anneks van die Grand Hotel op die hoek van Dorp- en Meulstraat. In 1979, toe die vereniging 50 jaar oud was, is die gebou betrek en Jubileumhuis genoem.

Die amptelike blad, Huis & Haard, se eerste uitgawe het in Mei 1952 verskyn.

TEKSTIELMUSEUM

Ligging: Jubileumhuis,
Dorpstraat 126,
Stellenbosch
Ure vir besigtiging Weeksdae, 09:00 – 12:00
Telefoon: +27 (0)21 886 5064
Ingangsfooi: R20/persoon
Kurator: Mev. Linzetta Smit

VLVK het ‘n jaarlikse borduurkompetisie en die 6 wen-inskrywings word vir ‘n jaar hier uitgestal. Daar is ook 27 artikels van die Emily Hobhouse versameling op bruikleen hier te sien en ander artikels van hoogstaande gehalte.

AFFILIASIES

by die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) geaffilieer.

STUDIERIGTINGS

Die Vereniging bied interessante maandelikse programme aan deur middel van praatjies, demonstrasies, debatvoering, uitstallings, opvoerings, besprekings by vergaderings, asook georganiseerde opvoedkundige uitstappies oor Gesondheid, Kunste en Handvlyt, Landbou en Tuinbou, Leefstyl, Openbare Sake en Opvoeding en Kultuur.

STUDIELENINGS

  • Die J.E. Conradie-lening vir studie in Arbeidsterapie.
  • Die Jossie Ackerman-lening vir studie in ‘n huishoudkundige rigting.
  • Die Wynnie Schumann-gedenklening vir studie in enige rigting.
  • Die VLVK-Lanboulening vir studie in ‘n landbourigting.
  • Die Glen Uys-lening vir studie in enige rigting.

Jaarlikse rentevrye lenings vir ‘n lid of kind/kleinkind van ‘n lid vir studie in enige rigting aan enige goedgekeurde tersiêre inrigting. Indien ‘n aansoeker nie ‘n “VLVK”-lid is nie, sal die aansoeker wie se moeder ‘n lid van die VERENIGING is, voorkeur kry.

Aansoekvorm: vlv@adept.co.za
Sluitingsdatum: Jaarliks op 15 November

DANKIE-PERSOON

1995 Alba Bouwer – Jeuglektuur
1996 Prof Gawie Cillié – kerkmusiek
1997 Mimi Coertse – sang
1998 Glen Uys – bydrae tot VLVK
1999 Hetsie van Wyk – borduurwerk
2000 Chris du Toit – landbou
2001 Rina Hugo en Petru Wessels – sang en drama
2002 Anneli van Rooyen – sang
2003 Ds. Solly Ozrovech – Christelike lektuur
2004 Dr. Anton Rupert – natuurbewaring
2005 Prof. C A Smith (postuum) – VLVK se ouditeur vir 48 jaar
2006 Wilna Snyman vir haar bydrae tot die toneelkuns op die verhoog en televisie
2007 Natalie du Toit vir haar bydrae tot gestremde sport
2008 Freek Robinson vir sy bydrae tot aktuele programme op radio en televisie
2009 Helen Zille vir haar besondere bydrae tot die openbare lewe, deurdat sy aangewys is as die beste burgemeester ter wêreld
2010 Coenie de Villiers vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek
2011 Argitek Gawie en dr. Gwen Fagan vir hulle bydrae tot die bewaring van Suid-Afrikaanse argitektuur
2012 Jans Rautenbach vir baanbrekerswerk in die Suid-Afrikaanse filmbedryf
2013 Dr. Susan Vosloo vir baanbrekerswerk in pediatriese kardiale hartchirurgie
2014 Ronella Rademeyer vir die vestiging en ontwikkeling van die VLVK-tekstielmuseum as internasionale besienswaardigheid en vir haar internasionale borduurwerkprestasies
2014 Herman Lensing vir sy bydrae tot die kostoekoms van Suid-Afrika as kookboekskrywer en jongste kosredakteur van ‘n Suid-Afrikaanse glanstydskrif
2015 Jonathan Deal vir sy onskatbare bydrae om die Karoo en onmiddellike omgewing te red van die verwoestende nagevolge van hidrobreking
2016 Anton Momberg vir sy onskatbare en uitsonderlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunslandskap
2017 Peter Veldsman vir sy uitsonderlike en onskatbare bydrae tot die Suid Afrikaanse kosbedryf
2018 Johannes Möller vir sy bydrae tot Landbou in SA
2019 Dr Dave Pepler vir sy bydrae tot die bewaring van die natuur.
2021 Dr Angelique Coetzee