Maria Stofberg vier fees

 

Maria Stofberg vier fees

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 08 Sep 2017

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje:  Kuns en Handvlyt

Beriggewer: Alta Britz

Datum van vergadering: 7 September 2017

 

Die  tak is op  die 24ste September 1956 deur mev Maria Johanna Stofberg gestig. Sy was ‘n medestigter van VLVK in 1929 en was een van die eerste vise-presidente vir 30 jaar. Sy was 10 jaar sekretaresse en  daarna 3 jaar presidente van die Suid Afrikaanse Vroue Landbou Unie. Na 61 jaar se bestaan is ons trots om lid van die Maria Stofberg  tak te wees! Genoeg rede om te dans en fees te vier!! Die doel  was ook om lede te werf en 30 gaste het die feesvieringe bygewoon. Pick ‘n Pay het ‘n verjaarsdagkoek geborg.

Verjaardagkoek – Susan du Plessis, Voorsitter en Alta Britz, sekretaresse

 

Vyf  dogters van die Hoër Tegniese Skool Drostdy  se koperblaasorkes het die middag op ‘n hoë noot begin! Die orkes bestaan die afgelope 19 jaar as konsert-orkes en bestaan  tans uit 40 leerders. Hulle tree met ‘n groot verskeidenheid van ligte musiek regoor die Wes-Kaap op. Die orkeslede het verlede jaar vir die eerste keer ‘n Revue aangebied en is as 2de wenners in die land aangewys.

 

Stefni Krige saam met Sumari Pretorius – Tuba, Yvette van der Walt – Eufonium, Leana Coetzee en Talitha – trompet en Anja Coetzee – klokkies

 

Lene Nel, Graad 1 leerdertjie van Worcester Primêr, het die gediggie  “Wie is dit?” voorgedra.

 

Stefaans Burden, plaaslike  N.G. predikant, het kinderrympies,  gedig deur Ster-Mari Stofberg en Nanda Pauw getoonset en dit  gesing.  Sy CD,  “Diere se maniere”  is pas vrygestel.

 

Stefaans Burden en Susan du Plessis

 

Doreen Abrahams, alombekend op Worcester as Antie Dottie, speel al vir 35 jaar op haar tafelharp en mondfluitjie. Sy het geen opleiding in musiek gehad nie, maar het in 2015 in London, Engeland vir bejaardes en siekes in hospitale gaan optree.

 

Doreen Abrahams

Om die dag weereens op ‘n hoë noot af te sluit, leer  ‘n groep dames van die kunsskool ons hoe om Lyndans te doen.   Dit was nie lekker om net te sit en kyk nie en die vloer was oop vir almal!!

 

Lyndansers

 

Die marktafel, met Nellie Crafford aan die stuur, is soos gewoonlik goed ondersteun.

 

Nellie Crafford by die marktafel

Coronel Louw en Bettie Swanepoel het baie inskrywings gehad om te beoordeel. Die kompetisies was: Rangskik met vetplante,  3 Gesiggies uit jou tuin, 6 Appelkoos en pekaneut brosbrood koekies – Geborg deur Montagu Droëvrugte en ‘n gehekelde beret en serp. Nellie Crafford was die wenner met die meeste inskrywings en meeste punte.

 

Bettie Swanepoel en Coronel Louw

 

Nellie Crafford en Susan du Plessis – trofee

 

Ek dink Mevrou Maria Stofberg sou baie tevrede gewees het met die feesvieringe !

 

 

 

 

Post a comment

seventeen − 17 =