Lede ondersteun STOP

 

Lede ondersteun STOP

Posted by VLV in Kuilsrivier Tak 07 Sep 2017

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  6 September 2017

 

Takprojek: Gebreide poppies en toiletsakkies vir ‘STOP’:

 

Gedurende Kuilsrivier se Algemene vergadering op 6 September 2017 is 286 gebreide poppies en 73 Higiënesakkies aan Trusca Badenhorst van STOP – Stop Trafficking Of People – oorhandig.

 

 

Na ‘n praatjie deur Carin Nel van STOP tydens die Algemene Vergadering op 10 Augustus 2016, het ons besluit om die organisasie te ondersteun en dit ons jaarprojek te maak om poppies te brei en sakkies te maak en te vul met toiletware en geestelike literatuur. deel aan vroue op straat. Die pakke bevat basiese toiletware en ‘n geestelike boodskap.

 

Die poppies word by skole uitgedeel na ‘n praatjie deur vrywillige werkers van STOP om kinders te waarsku teen misbruik en ontvoering.  Elke kind kry dan ‘n poppie om hom of haar te herinner aan die boodskap.

 

Die higiënesakkies word tydens uitreike uitgedeel aan vroue op straat. Die pakke bevat basiese toiletware en ‘n geestelike boodskap.

 

 

 

Ons dames het fluks gebrei om so veel as moontlik poppies klaar te kry en ander het weer help vaswerk en opstop om elke poppie ‘n unieke persoonlikheid te gee.  Daar is van die ander takke in die sirkel wat ook hand bygesit het.

 

 

Om ‘n persoonlike stempel op die higiënesakkies af te druk, het ‘n klompie dames een oggend bymekaar gekom en die sakkies uitgeknip.  Ons het fluks gewerk en kon uiteindelik 73 sakkies vul met die nodige toiletware.

 

 

Ons wens is dat hierdie items mense wat in haglike omstandighede is, weer hoop sal gee en sal voorkom dat ons kinders in die kloue van gewetenlose mense verval.

 

Post a comment

8 − 4 =