Kyk met nuwe oë na gestremdes

 

Kyk met nuwe oë na gestremdes

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 30 Aug 2017

Sirkel: Swd

Tak: Klein Brakrivier

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Marietjie Bothma

Datum Van Vergadering: 29 Augustus 2017

 

Die VLV Klein Brakrivier se Opvoeding vergadering was op 29 Augustus 2017 aangebied deur die sameroeper Johanna Hertz.

 

 

 

 

 

 

 

Johan Basson van Die Paarl Skool vir Gestremdes wat geleë is in Brackenfell het die vergadering meer vertel oor die skool en agtergrond gegee oor gestremdheid wat vir baie mense nog vreemd is.

 

Die woord “gestremd” het nog nie in die 1981-uitgawe van die HAT verskyn nie.  Woorde soos“gebreklik” en “kreupel” het wel verskyn.  Dit bevestig dat daar intussen met nuwe oë na gestremde persone gekyk word.

 

Die spreker brei uit oor die implikasies wat dit vir die ouers, die kind, broers en susters, die gemeenskap, skool en kerk het wanneer‘n gestremde kind ter sprake kom.

 

 

 

 

 

 

 

Dit is belangrik om te onthou dat daar oplossings is, onder die  afkorting DEK.

 

DAAR Is hulp beskikbaar

Spesiale skole, dokters, terapeute, sielkundiges

EMPATIE Die manier hoe gestremde kinders benader moet word.  Leef jou in die kind/ouers se situasie in.
.
KOMMUNIKASIE Hou kommunikasiekanale oop – ondersteun en gee leiding.

 

Vyf dinge wat ons by gestremdes kan leer:

 

  1. Jy kan werklik gelukkig wees in ‘n “stukkende” liggaam.
  2. Geduld kan jou byna deur enigiets dra.
  3. Vier klein suksesse.
  4. Uniekheid is ‘n wonderlike  geleentheid.
  5. Die lewe is kort……gryp dit aan!!

 

Die vergadering was bederf met ‘n groepie dansers, dames almal bo 60, wat met hul kleurvolle uitrustings twee danse uitgevoer het.

 

 

 

Post a comment

19 − fifteen =