Kruissteek op geruite lap

 

Kruissteek op geruite lap

Posted by VLV in Klein Brakrivier Tak, News 12 Jun 2019

Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Studierigting:Leefstyl, Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 28 Mei 2019

  

Tydens die Klein-Brakrivier VLV-tak se Mei-vergadering, het lede en gaste die geleentheid gehad om die eenvoudige kruissteek na verdere hoogtes te neem. Die Leefstyl sameroeper (en kruissteekkenner), Miens Willers, moes bontstaan om orals hand by te sit!

 

Kruissteek bereik nuwe hoogtes

 

Miens verduidelik hoe kruissteek gedoen word

 

Lede van die Mosselbaai Besigheidskamer – Rene Malan en Lauret Grobbelaar – het ʼn draai kom maak en lede uitgenooi na ʼn Sop & Sjerrie geleentheid op 23 Julie. Tydens die geleentheid sal Lynette de Beer en advokaat Ronald King gassprekers wees.

 

Die Klein-Brakrivier VLV-tak het die eerste paar maande van 2019 nie-bederfbare-, tuisgemaakte-, tweedehandse- en herwinde artikels (soos kos, speelgoed, kleertjies, hals- en leibande, kosbakke, kombersies en kussings), vir behoeftige diere bymekaar gemaak. Dit is met liefde aan Erika van Zyl van Caws 4 Paws oorhandig. Erika het ook geleentheid gehad om oor Caws 4 Paws te gesels en almal uit te nooi om bydraes op watter vlak ook al te maak. Caws 4 Paws is ʼn gemeenskap- en diere welsynsorganisasie wat ten doel het om die swaarkry van huisdiere van minderbevoorregtes in die gemeenskap in en om Groot-Brakrivier te verlig.

 

Dankie-nota van Caws4Paws

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Erika van Caws4Paws bedank die tak vir hul bydraes

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Van die bydraes vir C4P

 

Die allergewilde marktafel (hierdie keer onder leiding van Gesondheid- en Leefstyl portefeuljes), het ʼn verskeidenheid produkte gebied en alles is sommer vinnig uitverkoop. Terselfdertyd het die Pandora-boks groot vreugde verskaf vir die gelukkige ontvanger – Petro Reinke. Die kompetisies op tak-vlak en ook vir die VLV-konferensie, het weereens vele inskrywings gehad. Na die vergadering het almal saam tee gedrink en gesmul aan heerlike lekkernye.

 

Daar is nie ʼn byeenkoms in Junie nie – gaan hou gerus lekker vakansie. Die volgende datum is 30 Julie onder leiding van die Opvoeding portefeulje, meer inligting hieroor nader aan die tyd.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Weninskrywing: blommerangskikking vir ‘n man

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pragtige kompetisie inskrywings

 

Vroetelkombers inskrywings

 

Een van die “folded book art” inskrywings

 

Inskrywings vir fotografie

Post a comment