Jong lede leer die ou lede nuwe tegnieke

 

Jong lede leer die ou lede nuwe tegnieke

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 27 Jun 2019

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 26 Junie  2019

 

Lida Rossouw, Kunste & Handvlytsaamroeper, het vir  junior lid Gerda Fourie, gevra om Dot Painting te kom demonstreer. Almal neem ywerig deel. Daar is stelle van 3 instrumente aangekoop, wat dan in akriliese verf gedruk word en op voorafgetekende lyne/sirkels gedruk word.  Almal het dieselfde basiese vorm gebruik, maar alle eindprodukte lyk verskillend!

Vir die tak se Plastiekprojek het elke lid uitgeknipte materiaal ontvang waarmee ‘n inkopiesak gemaak moet word vir die vlg vergadering. By die skool sal opstelle geskryf en plakkate gemaak word, waarvoor VLV pryse sal uitloof.

‘n Vroetelwurmpie (Engels: Twiddle Muff) wat aan Alzheimer-pasiënte uitgedeel sal word, moet ook voltooi wees. Dit behels ‘n buisvormige breiwerk in 6 verskillende kleure, patrone en teksture. Daar word aan die binnekant verskeie goedjies soos ‘n sleutel, knope, ens. vasgewerk. Dit hou dus die pasiënt se hande warm en gee iets om te doen.

Ons jong lid, Charné Pautz, maak ook kort-kort iets uit herwonne materiaal, en hierdie keer was dit ‘n juwelehouertjie uit 2 bottelproppe, met ‘n ritsluiter om dit bymekaar te hou. Voorwaar 2 jong lede om op trots te wees!!!

 

 ‘n Twiddle Muff

 

Voorsitter Lenie Fourie oorhandig lede-kentekens aan Gerda Fourie (links) en Charné Pautz.

 

 

 

 

Voorbeelde van Gerda Fourie se werk.

 

 

 

 

Charné Pautz het ‘n juwelehouertjie uit 2 bottelproppe gemaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

VLV-lede met hul kunswerke. Agter: Mianke Rossouw, Anzel Bekker, Charné Pautz , Gerda Fourie. Middel: Elize Oosthuizen, Bertha Rossouw, Lenie Fourie, Lida Rossouw, Martha Schmidt. Voor: Sonja Kruger, Anna van Niekerk, Antoinette van Pletzen

 

 

 

Leave a Reply