In Memoriam

 

In Memoriam

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 19 Aug 2017

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 18 Augustus 2017

 


Dit is baie hartseer om van Anne Weideman afskeid te neem.  Sy sou op 13 Oktober haar 74ste verjaardag vier.  Anne het in 2004 by ons tak aangesluit en was o.a vir ‘n tyd ook ‘n bestuurslid – sy was die Landbou en Tuinbousameroeper.  Sy het ook saam met haar vriendin, Tina, elke maand die marktafel behartig.  Sy was ‘n meelewende lid, en het nie toegelaat dat swak gesondheid haar onderkry nie.  Ons sal haar vir haar positiwiteit onthou.

Die lede van Goodwoodtak gaan vir Anne mis!  Ons eer haar nagedagtenis.

 

Post a comment

two × 4 =