Hoe verwerk jy Trauma?

 

Hoe verwerk jy Trauma?

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 23 Aug 2017

Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Opvoeding
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 22 Augustus 2017

 

Ds. Jako van Dyk het die lede kom vertel hoe om trauma en verlies in jou lewe te verwerk.  Dit is deel van die seisoen van die lewe en hy lê klem op die verwerking daarvan in ‘n later stadium van jou lewe. Dit is ‘n onderwerp waaroor ‘n mens moet praat want die intensiteit daarvan is verskillend en die verwerking daarvan vra moed.
 

Riaan van der Merwe skryf in sy boek Seisoene van die Siel dat wat kan beter wees as eindelose somer?  Jy moet onthou dat die somer ook verdwyn en die koue winter kom kruip dan diep in jou siel.  Sonder swaar tye kan geen mens word wat hy bestem is om te word nie.  Swaar tye is deel van die lewe.

 

Jou laaste skof is die skof waar jy nie meer na jouself kan omsien nie en heimlik hoop dat dit nooit sal aanbreek nie.

 

Om te treur is ‘n kragtige, normale en onvrywillige reaksie op iets wat van jou weggeneem is.  Rou is om deur die treurdimensies te leef en is anders as verlies.  Omarm jou verlies of trauma – mense hardloop weg omdat hulle nie kans sien om daarmee vrede te maak nie.  Genesing kom as jy deur die dal van doodskaduwee loop.  Goeie raad vir die verwerking van trauma en verlies is om te eet, slaap en te oefen. Gee aandag aan jou basiese behoeftes in jou wintertyd (rustyd).  Sommige
mense probeer verlies agter geslote deure verwerk, maar gedeelde verlies maak die vrag halfpad ligter.  Goeie raad by die verlies van ‘n lewensmaat is om afsluiting te kry en net aangename herinneringe op die pad vorentoe saam te neem.

 

 

Bly glo dat God in jou seisoen aan die werk is want op die ou einde sal Hy vir jou feesklere aantrek.  Onthou: Al is dit winter, lente lê om die draai.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wilna Swart (sameroeper) en ds. Jako van Dyk.

Post a comment

five × three =