Heerlike sampioene van Denny

 

Heerlike sampioene van Denny

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 22 May 2019

Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 21 Mei 2019

 

Mnr. George Wessel van Denny het die lede kom inlig oor die verbouïng van sampioene.  In S.A. is drie aanlegte, nl. een in Kaapstad (Phesantekraal), waar 70 ton per week verbou word; een in Johannesburg wat 100 ton per week lewer  en een in KZN waar 50-60 ton per week gelewer word.  Kaapstad se verspreidingsgebied strek tot so ver as Oos-London en Namibië.

 

Die kompos moet perfek wees en dis ‘n proses van 28 dae. Die hele komposproses begin met strooi, gipspoeier en hoendermis.  Die hoeveelheid water en temperatuurkontrole is baie belangrik.  In ‘n laboratorium word koringsaad met sampioensaad geënt en die saadjie moet in ‘n kamer van 28 grade groei.  Die sampioene moet deur ‘n laag mos, wat vanuit Ierland en Holland ingevoer word, groei om sy water te behou.

 

Vier spanne plukkers van 20 elk werk 7 dae ‘n week vir 7-8 ure per dag.  ‘n Plukker oes 200-250 kg per dag.  Denny bemark plus minus 10 soorte sampioene en verskaf aan al die groot supermarkte.  Montagu Inmaak behartig die inmaak van die sampioene, asook die souse.

 

Mnr. Wessel is ‘n spreker met ‘n passie vir sy werk en het die lede boonop verras met ‘n pakkie sampioene elk!

 

 

Die sampioene groei in “lae” – die boonste klomp wat groot is, word eerste geoes.

 

Denny se verkoopsverteenwoordiger, mnr. Anton Cupido en die spreker, mnr. George Wessel.

 

Post a comment