Gevare van Aardverwarming

 

Gevare van Aardverwarming

Posted by VLV in News, Nieuwoudtville Tak 01 Feb 2019

 

Sirkel: Namakwaland

Tak: Nieuwoudtville

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Erika Kotzé

Datum: 31 Januarie 2019

 

Openbare Sake vertel van die gevare van Aardverwarming

 

Nieuwoudtville VLV se Openbare Sake portefeulje het op 31 Januarie 2019 in die kerksaal ‘n praatjie aangebied om lede in te lig oor die gevare van aardverwarming en klimaatsverandering.

 

Bettina Koele, ‘n klimaatsverandering kenner spreek die vergadering toe. Bettina vertel wat haar werk behels en waar dit inskakel. Sy is die Suidelike halfrond klimaatsentrum verteenwoordiger. Sy het sopas van ‘n klimaats kongres wat in Poland aangebied was deur die UN, af teruggekeer.

 

 

Bettina vertel ons meer van klimaatsverandering. As ons aangaan soos nou, sal iets oor 12 jaar gebeur op die aarde wat nie teruggedraai kan word nie. As die klimaat te warm raak, sal ons dit nie kan omkeer nie. Een graad is vir sekere spesies in die water/see te hoog en hulle sal uitsterf. Sy vertel wat die ‘green house’ effek is. Aardverwarming is al die gasse wat ons produseer, fabrieke, uitlaatgasse, ens., wat veroorsaak dat die aarde warmer raak, uiterse weer omstandighede ervaar soos verspoelings en ook veroorsaak dat gletsers smelt.

 

Ons moet herwin, langer met ons voertuie ry, nie elke 5 jaar ‘n kar koop nie, maar 10 plus jaar met ‘n voertuig ry, ons klere opdra en ons eie groentetuine maak. Ons het 12 jaar om ‘n verskil te maak.

 

Bettina wys ‘n voorbeeld van hoe moeilik dit is om al die lande aanboord te kry om wette en regulasies in hulle lande in plek te sit om gasse en besoedeling te verminder. Politiek, die land se ekonomie en geld maak dit moeilik.

 

Die insiggewende vergadering is aangebied deur Linda Meyer en haar bekwame span.

 

.

 

 

 

 

 

 

Post a comment