Gesondheidswaarde van Kanola

 

Gesondheidswaarde van Kanola

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 30 Aug 2017

 

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Landbou

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 29 Augustus 2017

 

Kanola – ‘n Landbougewas om mee rekening te hou
Tersia Schoeman van Southern Oil (Pty) Ltd (ook bekend as SOILL) in Swellendam het die dames van VLV Voëlvlei en Herbertsdale ingelig oor die verbouing en gebruike van Kanola Olie.  SOILL is die enigste fabriek in Suid-Afrika wat kanola verwerk.

 

Reneè Zaayman (Sameroeper:  Landbou) en Tersia Schoeman – Gasspreker

 

Kanola word vanaf 1993 in die Wes-Kaap aangeplant.  Dit het duidelik geword dat kanola, ekonomies gesproke, nie swakker as koring vaar nie en dus ‘n volwaardige plek as ‘n kontantgewas in die wisselboustelsel van die Wes-Kaapse graanprodusente het.  ‘n Goedkoper alternatief as kanola vir onkruidbeheer in koring, bestaan amper nie.  Koring lewer beter opbrengste as kanola in ‘n wisselboustelsel.  Die opbrengs per hektaar is ongeveer 1.4 ton en ‘n produsent kan tot 250 ton per seisoen lewer.  Kanola word aangeplant vanaf April.  Vier kg saad word per hektaar gebruik en die saad word 2 cm diep geplant.  Blomtyd is in Augustus en in September word die plante plat gesny wanneer die voginhoud reg is.  Daarna lê dit vir twee tot drie weke voordat dit geoes word.

 

Elke saadjie bevat 40% olie.  Van die 60% wat oorbly word oliemeel gemaak wat weer ‘n bestanddeel vir veevoer is.

 

Kanola-olie se gesondheidswaarde is sy grootste bemarkingswaarde.  Kanola-olie bevat die laagste persentasie van versadigde vette (slegs 7%) van alle beskikbare plantaardige olies. Dit is ook cholesterol vry en bevat 21% Omega 6 –  en 11% Omega 3 vetsure.  Die 2:1 is die ideale vetsuur verhouding en daarom word Kanola-olie deur KANSA sowel as die Hartstigting onderskryf.

 

Wanneer jy weer die handelsmerk B-Well op ‘n produk sien, koop dit!

 

 

 

 

Elize Locke (Voorsitter Voëlvei) en Emsie Marx (Voorsitter Herbertsdale)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Johlene Muller (sameroeper:  Openbare Sake) het die dames ingelig oor veiligheid in die motor en veral wanneer hulle babas en kinders vervoer.  Kinders moet altyd vasgegordel in hul stoeltjies en op die agterste sitplek wees.  Mien Naude (sameroeper:  Opvoeding en Kultuur) het vertel van die fenomenale Heidi Hetzer, ‘n Duitse dame wat op 80 jarige ouderdom met haar 30 jaar oue Hudson genaamd Hudo, om die wêreld gereis het.  Sy het in 2016 ook Suid-Afrika aangedoen.

 

 

 

 

 

Linzetta Smit (sameroeper: Leefstyl) het ‘n demonstrasie gegee van hoe om spasie in jou klerekas beter te benut asook hoe om gebreide artikels reg op te hang,

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Na afloop van die onlangse VLVK-kongres in Lambertsbaai kon ons Linzetta Smit gelukwens met haar 1ste plek vir borduurwerk, VLV-Voëlvlei was algeheel 2de in die Leefstyl afdeling.  Alta Landman het ‘n 2de plek behaal in die woordkuns afdeling.

 

Elize Pienaar het die stuk:  “Ouma se werksmandjie wat jy op die solder gevind het”, geskryf deur Alta Landman,  lewe gegee met haar gevoelvolle en komiese voorlesing.  Sy het groot applous daarvoor gekry.

 

Dit was ‘n voorreg om ons buurvroue van VLV-Herbertsdale by ons te verwelkom.  Die sjokoladekoeke met Kanola-olie as bestanddeel wat deur twee van hul lede gebak was, was heerlik.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

fifteen − two =