Franse terme en miniatuur treine

 

Franse terme en miniatuur treine

Posted by VLV in Jamestown Tak, News 14 Sep 2017

Sirkel: NOK

Tak: Jamestown

Studierigting: Kunste & Handvlyt, Opvoeding en Openbare Sake

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 13  September 2017

 

Aangesien Frankryk as land behandel is, was al die eetgoed Frans. Daar was bv appeltert met amandelgeursel, spinasie&feta-tertjies, croissants met koue vleise, kaas en tamatie, en crepes suzette vir nagereg.

Antoinette van Pletzen het buitengewone inligting oor Frankryk gegee, bv. eetgewoontes en kosterme, die Franse oorsprong van Braille-skrif vir blindes, en ‘n Franse woordelys uitgedeel. Frankryk is die derde-oudste land ter wêreld – ná Japan en China. Dis ook die land met die tweede-hoogste alkoholverbruik – ná Italië. Die Franse peusel nie tussen maaltye nie en eet 3 maaltye per dag – ‘n baie ligte ontbyt, ‘n driegang middagete en ‘n aandete wat uit 5 tot 8 gange kan bestaan!  Dis onbeskof om ‘n “Doggy Bag” te vra – vat jou tyd en eet jou bord leeg. Franse sjefs is lief om hane se kamme te gebruik om hul disse mee te versier.  Alle Franse disse bevat botter (nie margarien nie!) en hulle is nie baie lief vir rys nie. Verder is hulle baie gesondheidsbewus.

Antoinette het 2 Vasvrakompetisies gehou: 1 oor Padtekens en 1 oor Gesondheidsterme. Weet jy bv. dat BANTING gewigverlies, gebaseer op lae inname van koolhidrate en hoë inname van vette is? BIOKINETIKA beteken “Lewe deur beweging”, en IRIDIOLOGIE is die studie van die oog.  PERIMENOPOUSE kom 4-8 jaar vóór menopouse voor en PODIATRIE is die studie van die enkel en voet. REFLEKSIOLOGIE is die massering van dele van die voete/hande/kop om bepaalde siektetoestande te verlig.

Daarna het almal saam Brein-gim gedoen en notas is uitgedeel om by die huis voort te gaan om die brein te stimuleer. Wenke oor die vlg is uitgedeel: Behandeling van gebarste hakke; Waar en hoe om te kla; Huiswenke en Rekenaar kortpaaie. Ook pamflette oor Marine-lewe, Huis v/d Horst, en Selfondersoek vir Borskanker.

 

 

 

 

 

 

 

 

Almal het ‘n albumpie gemaak uit leë toiletrolle en geskenkpapier, waarin verskillende teesakkies of kaartjies as geskenk gegee kan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

By die VLV se vorige byeenkoms het die saamroeper, Mariana van Pletzen, vir elkeen ‘n pakkie afvallappies gegee met die opdrag om ‘n borsspeld daarmee te gaan maak. Die vindingryke resultate is ook hier uitgestal.

 

 

 

 

 

Hilda v/d Walt het ‘n uitstappie gereël na Andy Gillespie van Aliwal-Noord se Miniatuur-treinuitstalling. Andy, wat voor sy aftrede by Telkom gewerk het, maak feitlik AL die bykomstighede in sy miniatuur uitstalling self en bou selfs die treine wat hy aankoop óm om  meer Suid-Afrikaans te lyk. Kyk ook op sy webwerf by “aliwalnorthsarlayout.blogspot.com”.

 

 

Bokomo, ens. met die kontrolepaneel regs voor. Links bo hang ook ‘n geraamde legkaart van ‘n treintoneel.

 

Brug na Burgersdorp, met ‘n ligte vliegtuig regs bo.

 

 

 

 

 

 

 

 

Plaastoneel. Die skapies is gemaak van oorstokkies.

 

 

 

 

 

 

 

 

Aliwal se stasie en petroldepot.

 

 

 

 

 

Andy Gillespie hou ‘n miniatuur-watertenk vas wat hy uit ‘n leë toiletrol gemaak het.

 

 

 

Post a comment

12 − seven =