Elke druppel is kosbaar

 

Elke druppel is kosbaar

Posted by VLV in News 07 Sep 2017

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Kuilsrivier

Portefeulje:  Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Elmine Möller

Datum:  6 September 2017

 

Water se invloed op Landbou

 

Op Woensdag, 6 September 2017, het mnr. André Roux, ‘n dosent aan die Elsenburg Landboukollege, ‘n baie insiggewende praatjie by die Landbou vergadering van Kuilsrivier gelewer oor die invloed van water op die Landbou. Dit was ‘n baie aktuele onderwerp in die lig daarvan dat die Wes Kaap onder ‘n groot droogte gebuk gaan.  Dit is die 3de grootste droogte wat opgeteken is en die groot opgaardamme se watervlak is baie laag.

 

Water moet bewaar word vir die nageslag.

 

In ‘n gewone huishouding is dit relatief maklik om water te spaar en die verbruik te beperk, maar dit is nie so eenvoudig in die landbou nie.

 

Suid Afrika het ‘n lae reënval en die reën val nie in die seisoen wanneer dit die meeste benodig word nie.Die Wes Kaap is ‘n Winterreënvalgebied, maar die meeste water word gedurende die Somermaande benodig.Aardverwarming het ook ‘n groot invloed op die verandering van klimaat wat ons tans ondervind.Die hoogste temperatuur, nl. 48ºC, is gedurende Oktober 2015 in Vredendal aangeteken.Wanneer dit te warm is, hou die wingerd op om te groei en vrugte se rakleeftyd is baie korter a.g.v. die hitte.

 

Die Landbou gebruik 60% van die beskikbare water.Die ‘Froot Look’ projek is van stapel gestuur om die waterverbruik in die landbou te beperk, maar nie die produksie te beperk nie.  Satellietinligting word gebruik om siektes meer effektief te beheer en met behulp van grondvogmeting, word besproeiing beter gereguleer.  Minimum bewerking verseker ook hoër produksie.Ons natuurlike hulpbronne word beter bestuur en voedsel en watersekerheid word vir die nageslag verseker.  Ou boerderymetodes kan nie meer toegepas word nie.

 

Dit was voorwaar baie interessant om al hierdie inligting in verband met die landboubedryf in te win.

 

Blanche van Staden, Marlene Lotz (Landbou sameroeper) en André Roux (spreker).

 

Na afloop van die Landbou Vergadering is daar 2 bome, ‘n Kanferboom en ‘n Ebbehoutboom, by die Laerskool Mikro in Kuilsrivier geplant.

 

Marlene Lotz, Whileen Galvin, Johnny van Laerskool Mikro, en Gerda v.d. Westhuysen het die bome help plant.

Post a comment

4 × 1 =