Diere maniere

 

Diere maniere

Posted by VLV in News, Porterville Tak 08 Sep 2017

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje:  Landbou & Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving,

Datum:  7 September 2017

 

GOEIE DIEREVERSORGING EN BASIESE AANDAG AAN TROETELDIERE 

Monique Nienaber demonstreer met haar twee honde hoe belangrik dit is om ‘n hond van kleins-af te dissiplineer om gehoorsaam te wees en op bevele te reageer.  Hulle wag rustig tot hulle die opdrag ontvang dat hulle hul pille mag eet.

 

Monique Nienaber

 

 

Dr. Ashleigh Lord, veearts van Bergrivier Dierehospitaal, verduidelik hoe belangrik goeie diereversorging is en verwys na basiese aandag wat aan ‘n dier gegee moet word:

Inenting geskied op 6, 9 en 12 weke en hulle moet jaarliks ondersoek word.

 

Parasiete, luise en vlooie moet ook fyn dopgehou word.  Ontwurming moet elke 3 maande gedoen word.  Vlooie en luise veroorsaak allergieë wat versprei.  Hulle kan Frontline gespuit word daarvoor of pille drink elke drie maande.

Sterilisasie is belangrik, vanaf 6 tot 12 maande vir albei geslagte troeteldiere .  Sterilisasie het ook die voordeel dat hul aggressie verander en hou ook gesondheidsvoordele in vir die voorkoming van kanker.  Dit is so dat ‘n dier gewig kan optel na sterilisasie, maar as hulle aktief gehou word en hulle dieet aangepas word, sal dit nie ‘n faktor wees nie.

Voeding:  ‘n Gebalanseerde dieet is belangrik.  As rouvoedsel gegee word, moet baie seker gemaak word dat dit gebalanseerd is.  Die volgende voedsel is nie gesond vir diere nie:  bene, sjokolade, koffie, tee, druiwe en rosyne, macadamia-neute, olie en knoffel en tafeloorskiet.  Dit kan lei tot vetsug, tandeprobleme, gewrigsprobleme, diabetes en orgaan probleme.

Tandhigiëne:  Diere moet gereeld vir hulle tande ondersoek gaan.  Slegte tande kan ‘n dier baie siek maak.

Hart- en niersiektes moet ook na omgesien word deur die dier gereeld vir ondersoeke te neem.

Tuismedikasie kan gevaarlik wees.  Geen asperien moet gegee word nie.  Panado’s kan katte doodmaak.  Dit is toksies vir hulle.

Diereversekering kan uitgeneem word by bv. Medipet.  Daar word aanbeveel dat daarvoor begroot moet word, want operasies op diere is baie duur en versekering kan dan baie voordele inhou.

Dr. Ashleigh Lord

 

Willemien Burger gee interessante feite oor troeteldiere.

 

‘n Hond het drie ooglede, sweet deur hul pote en gebruik die tong om af te koel.

Katte kan elke vier maande ‘n werpsel kry, hulle urine stink meer as honde s’n – dit bevat kristalle wat aan ‘n mat vaskleef.

Honde en katte het spesifieke neusafdrukke.

Hondemense is kenmerkend meer sosiaal, konserwatief, hou by reëls en is doelgerig.

Katmense is kenmerkend intelligent, dikwels alleenwoners, neuroties en onafhanklik.

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

sixteen + seventeen =