Die pad van vleis

 

Die pad van vleis

Posted by VLV in Moorreesburg, News 03 Aug 2017

Sirkel:  Weskus

Tak:  Moorreesburg

Studierigting: Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Martelize Britz

Datum:  2 Augustus 2017

 

Arnold Brand, ‘n man met baie ondervinding in die vleisbedryf, het die tak kom toespreek oor die reis van vleis van die plaas tot in die supermark.

 

Volgens hom is vleis in die vrye mark, so vraag en aanbod geld.  Daar is ‘n vrye beweging van vleis.  Abattoirs is baie belangrik.  Hulle kry die voorraad, slag dit, voldoen aan standaarde, en berg vleis op.

 

Maatreëls ten opsigte van higiëne by abattoirs is van ‘n hoë standaard.

 

Daar is ook groot- en kleinhandel.  Kleinhandel is bv. slaghuise en kettingwinkels wat ons bedien.  Jy kan die beste produk hê, maar voor die verbruiker nie betaal nie, het niks gebeur nie!

 

Arnold Brand en Carinsa van der Westhuizen

 

Hy het ook verduidelik hoe die snitte op ‘n skaap en bees werk. Die boer kry ‘n sekere bedrag vir die karkas.  Dan word die koste per snit bereken sodat die boer uiteindelik ‘n skrale wins van R187, 35 op bv. sy skaap maak.

 

Wat die hoenderbedryf betref, is daar deesdae ‘n beperking op die hoeveelheid pekelwater waarmee die hoender ingespuit mag word.

 

Die praatjie het ‘n mens insig gegee in die uitdagings waarmee die boer te doen het.

 

Tog, blykbaar gaan die verbruiker, wanneer alles uitmekaar val, nog steeds “hout koop, vleis koop en braai!”

 

Daar was ook ‘n interessante raai-speletjie te doen by die tak waar jy kon raai watter sade daar op die kaart was.  Nie maklik, dog baie interessant.

 

Alma Boshoff, Arnold Brand en Elaine Coetzee besig met die raai speletjie.

 

 

 

 

 

Post a comment

19 + 8 =