Brackenfell sluit die jaar feestelik af.

 

Brackenfell sluit die jaar feestelik af.

Posted by VLV in Brackenfell Tak, News 08 Dec 2018

Sirkel: Tygerberg

Tak: Brackenfell

Datum: 6 Desember 2018

Beriggewer: Lettie Van Wyk

28 Lede van Brackenfell  het in die Tennisklub, waar ons gewoonlik vergader, bymekaargekom en almal het saamgewerk om die saal in ‘n ommesientjie te omskep met feestelik getooide tafels en versierings.  Daarna het almal lekker saamgekuier totdat die kos arriveer het.   Francois en Marietjie Uys van FRANMAR CATERING het vir ons ‘n feesmaal voorgesit.   Geskenkies is oor en weer uitgedeel aan geheime vriendinne en dit was heerlik om uiteindelik te ontdek wie die jaar by jou ge’spook’ het.

Die tyd het heeltemal tevinnig verbygegaan en na ‘n heerlike kuier-oggend is ons uitmekaar met goeie Kerswense aan mekaar.

This image has an empty alt attribute; its file name is Bracken-2.jpg

Post a comment

twenty − thirteen =