Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 27 Junie 2023

 

Borskanker – wat jy moet weet 

Dinsdag 27 Junie was ‘n  pienk-en-wit oggend by Klein-Brakrivier. Onder leiding van Lucia du Plessis, Gesondheid Sameroeper, is daar op borskanker bewustheid, gefokus.

Die saal was werklik besonders gedoen deur Lucia en ‘n hele span gasvroue, hulle het ook ‘n groot verskeidenheid keurige eetgoed, aangebied.

Christelle de Waal is 11 jaar gelede met drie verskillende soorte borskanker gediagnoseer. Sy  het ‘n besonderse moeilike pad geloop, maar het kanker oorleef. Sy is vandag deel van “Just Breath”, ‘n nie-winsgewende organisasie wat inligtingstukke aan borskanker pasiënte verskaf. Christelle het haar verhaal vertel en die relevante vraag, ‘wat is my waarde na borskanker?’ vanuit haar ervaring, beantwoord.

Avontuurlustige dames kon hulle hare teen ‘n R5 donasie, pienk spuit, die inkomste is aan van “Just Breath” geskenk. Voorsitter, Lydie, het daarmee weggespring om aan almal te wys hoe dit gedoen moet word. Joey Gouws het ook kombersies aan hierdie organisasie geskenk.

Leoni Carolus is ‘n verpleegsuster by die sub-Distrik-Kantoor van die Mosselbaai hospitaal. Sy het meer vertel oor die belangrikheid van bors-ondersoeke en dames deur middel van ‘n baie insiggewende video, geleer hoe om dit self te doen.

Madelein van Wyk, van die Garden Route Begrafnisondernemers het ook belangrike inligting met die gaste gedeel.

Daar was verskeie borge wat tot hierdie dag se sukses bygedra het:

Aloe Ferox                                                         Annemarie Dellemijn

Dawie Martins Traxdor                                  Freddie Smit

Groot-Brak Apteek                                          Groot-Brak Kliniek

Janine Fraser – Reebok kafee                        Lood Lombard – Aqua Regia Water

Madelein van Wyk, Garden Route Begrafnisondernemers

                   

Joey Gouws (regs) het twee van haar pragtige kombersies aan Just Breath geskenk, en links is Leoni Carolus (regs) saam met Lucia du Plessis

Madelein van Wyk, hier saam met Lucia du Plessis, Gesondheid-Sameroeper

Lede doen pienk hare ten bate van Just Breath

                 

Christelle de Waal (regs)  hier saam met Lucia                                   Lucia se besonderse ruiker

Detail van die pragtige saal

Susan-Ann Chatterton, Marelize Bekker, Bessie Craggs, Cecilia Pieterse en Rita Cameron, klink ‘n glasie

Lynette Nel, Susanne le Roux en Joey Gouws

Denise Taljaard, Suzette O’Kelly, Mina Marais en Cecilia Pieterse