Besonderse Clivias

 

Besonderse Clivias

Posted by VLV in Durbanville Tak, News 15 Sep 2017

Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 14 September 2017

 

Aangesien dit Clivia-tyd is, het ons dit goedgedink om iemand te kry om ons meer in te lig omtrent Clivias.. Ons was so gelukkig om een van ons lede se man te kry wat met ons kom praat het. Clivias is sy stokperdjie. Volgens hom was die eerste Clivia-blom in ‘n klokvorm en is vernoem na Lady Clive in Engeland.

 

Daar is 6 verskillende spesies en aangesien ons nou in ‘n droogte tyd leef, is dit wys om Clivias te plant. Clivias is waterwys, hou van koelte en is matig giftig wat maak dat insekte nie naby hom kom nie. Dit kan van sade gekweek word, maar dit wil nie sê dat die regte kleur uitkom, sou jy van hiedie metode gebruik maak nie.

 

Dit groei goed in potte en kan met sukses verdeel word. Die Chinese is groot kwekers van Clivias, veral die varigated blaar.

 

Ongelukkig vir ons neem ‘n saad ongeveer 4-5 jaar voor dit blom, maar ek glo as dit eers sover kom om te blom, was dit die moeite werd om te wag daarvoor.

 

Annemarie Pieterse, vrou van ons spreker, Phil Pieterse, hier met ‘n besonderse  Clivia

 

Phil Pieterse, ons spreker, en by hom is sy dogter

 

Besonderse Clivias

 

 

Post a comment

7 − five =