Besoek aan Fossielpark

 

Besoek aan Fossielpark

Posted by VLV in News, Velddrif Tak 24 Aug 2017

 

Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer: Irma Siebrits

Datum van gebeurlikheid: 23 Augustus 2017

 

Uitstappie na die Fossielpark:

Die tak besoek die Weskus Fossielpark naby Langebaanweg, waar voorheen ‘n Fosfaatmyn was. Met die ontginning is daar fossiele ontdek wat tot ‘n groter ontdekking van die area gelei het.

 

 

 

 

 

 

Fossielpark by Langebaan weg

 

 

 

 

Verskeie studies word deur Universiteite daar gedoen en nagevors. Wendy Wentzel  doen ‘n “powerpoint” aanbieding van hoe die plantegroei  5 tot 10 miljoen jaar gelede daar gelyk het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sy vertel dat die uile  harde bolle van hare en  muisskedels uitspoeg wat nie verteer nie.   So word die bolle dan ontleed en die  beentjies geïdentifiseer op ‘n kaart, wat hul in staat stel  om baie waardevolle inligting oor die tydperk in te samel. Hulle ontleed ook blomsade wat in modder vasgevang is – so word die plantegroei geïdentifiseer.

 

 

 

 

 

 Die tak van die Bergrivier waarin fossiele gekry is met Wendy Wentzel

 

 

 

 

‘n Fossiel is soos ‘n storieboek.  Die wat hier ontdek is, was in modder en sand, wat deur die Bergrivier nagelaat is.   Die Karoo se fossiele word  in rotse gevind. 10 Miljoen jaar gelede was hierdie ‘n tropiese gebied.   5 Miljoen jaar gelede het die temperatuur begin verander en so het plantegroei afgeneem, wat die diereryk binneland toe gedryf het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Met die kouer weer hier het die diere met die wal van die Bergrivier geloop om tropiese gebiede te gaan soek. Die fossiele wat hier uitgevind is, was oorblyfsels van diere en plante. Daar is nie hele karkasse gevind wat bewys dat diere hier gesterf het nie.

 

 

Die Kortnek Kameelperd agter – groter as die mens

 

Palaeo omgewings is oeroue omgewings.   Die Enigste beer suid van die Sahara is hier aangetref. Ook Sabeltandkatte, kortnek Kameelperde, Renosters en die Bergrivier Seekoei was voorheen hier.

 

Wendy het ons die nuwe Museum gaan wys wat binnekort vir die publiek oop sal wees.

 

Fossiele in uitgrawings

 

 

 

 

 

Fossiele

 

 

Post a comment

14 + 18 =