Baie geluk, Suider Paarl

 

Baie geluk, Suider Paarl

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 17 May 2019

Sirkel:  Paarl

Tak: Suider Paarl

Portefeulje:  Opvoeding en Kultuur

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum:  15 Mei 2019

 

Dit was die Suider Paarl tak se 64ste verjaardag asook  die  Opvoeding vergadering.

 

Twee dames, Winnie Janse van Rensburg,’n sielkundige en Karlien Spangenberg,’n fisioterapeut het die lede kom toespreek oor hul werk as opvoeders van erg  gestremde kinders van alle groepe van die samelewing.

 

Hul werk hoofsaaklik in die Weskaap en dek groot dele van die platteland.

 

Die kinders word deur maatskaplike werkers aan hulle bekendgestel en is ook so gestrem dat hul geen gewone skool kan bywoon nie en sit gevolglik  tuis by die ouers.

 

Die spesiale kinders word net drie basiese vakke geleer nl, kommunikasie deur hul te leer om reg te praat, lewensvaardighede en om te kan tel.

 

Die praatjie was toegelig met ’n video oor die werksaamhede.

 

Dit is ook die maand waarin ons die jaarkentekens uitdeel en ons het die Tema “Laat ’n voetspoor ” gebruik as versiering vir die tafels en eetgoed.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Versiering vir die 64ste verjaardag

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Elke lid het ‘n sjokolade 64 as geskenk gekry

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elke bordjie was  ‘n klein koekvoetjie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Lede wat kentekens ontvang het: vlnr  10jaar: Berta Spangenberg en Wilma Kock. Nuwe lede wat elk ‘n potjieknopie ontvang het: Vlnr Aletta Corbet, Marlene O’Kennedy Hendrina Rossouw en
Leonora Veldman.

 

 

Post a comment