Afrikaners is plesierig

 

Afrikaners is plesierig

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 17 May 2019

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Alta Britz

Datum: 16 Mei 2019

 

Susan Conradie en Kobus Smith van die Worcester Volkspele-laer het die tak besoek.

 

Dr S.H Pellissier, vise-hoof van die hoërskool Boshoff, is na Swede om hom as skrynwerker te bekwaam. Saans het die jongmense bymekaar gekom vir ontspanning.  Hulle het met kleurvolle volksdrag van hul verskillende lande se volkssang- en dans beoefen, net die Suid-Afrikaners nie, want hulle het nie gehad nie. Net daar het hy besluit dat wanneer hy terug is in Suid-Afrika, hy die jongmense gaan aanspoor om ook ‘n spelende, singende en werkende volk te word. Tydens ‘n Sondagskoolpiekniek op 24 Februarie 1914 is die spele vir die eerste keer op ‘n plaas met die naam Vuisfontein naby Boshoff vertoon. Die piekniekspele sou voortaan as Volkspele bekend staan. Vanweë die sterk Calvinistiese lewensopvatting, moes die begrip “dans” vermy word.

 

Die volkspeledrag het ‘n interessante ontwikkelingsgekiedenis.Toe die Voortrekker-Eufeesjaar in 1938 naderkom, is mense aangespoor om uit ou familie-albums en museums inligting te kry  om die ou Voortrekkerdrag na te boots.

 

In die begin was daar nie ‘n vaste patroon vir die niggies nie – die lyfie moes egter nousluitend wees en die romp lank en wyd. Met  die onthulling van die Voortrekkermonument in 1949 was die niggies se kleredrag al in ‘n handleiding vasgelê.  Verskillende materiale is oor die tyd gebruik. Aanvanklik tafsy vir deftige geleenthede en geblomde katoen vir gewone speeldoeleindes.  Die nekdoek het die oorspronklike kappie vervang.

 

In die begin jare het die neefs wit tennisbroeke, wit hemde en veelkleurige nekdoeke gedra. Met die inwyding van die Voortrekkermonument in 1949 is bruin ferweelbroeke gedra met ‘n onderbaadjie van geblomde materiaal. Die destydse Uniale Raad was nie tevrede met die drag nie. Met die eerste oorsese toer in 1953 is besluit op donkerkleurige garbardien broeke en die huidige onderbaadjie met die geborduurde inheemse blommetjies in vertikale patroon op die voorste pante.

 

Lenie Fourie het haar aangrypende verhaal vertel.  Sy het in 1940 vanaf ‘n jaar oud, by haar 4 blinde ooms in die Duineveld van Namakwaland grootgeword.

 

 

 

 

 

 

 

 

Nellie Crafford, Sameroeper van Opvoeding en Kultuur, Susan Conradie, Kobus Smith, Lenie Fourie en Gerda van den Vyver, Voorsitter

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

70 beertjies is aan die kinderpasiënte van Worcester Hospitaal en House of Hope geskenk. Karen Hugo, sameroeper van Opvoeding en Kultuur en Gerda van den Vyver, Voorsitter.

Post a comment