Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: SUID-OOSKUS

TAK: HUMANSDORP

DATUM: 18 MAART 2025

PORTEFEULJE: LEEFSTYL

SAAMROEPER: EMSIE STANDER

BERIGGEWER: ORA SCHROEDER

 

Vredevolle en stylvolle lewe

Petro Venter van Annique in Jeffreysbaai het ‘n insiggewende praatjie oor ‘n vredevolle leefstyl gelewer.

‘n Gesonde leefstyl is nie net belangrik as jy ‘n baba of bejaarde is nie, maar in elke stadium van die lewe, waaronder kinderskap, adolesensie en jou volwasse lewe. Die rol van ‘n gesonde leefstyl moet nooit onderskat word nie. Om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf hoef ook nie jou hele lewe omver te gooi nie, dit kan bloot ‘n paar klein veranderinge in jou denkwyse wees.

Buite, binne en die binneste binne van ‘n mens: Al drie het ‘n samewerkende ooreenkoms met mekaar, met die heel belangrikste die binneste binne.

Daar is drie lae van ‘n vredevolle en stylvolle lewe. Dalk dit wat ons in al die tydskrifte sien en waaroor dit gons op Sosiale Media.

Buite- Vel (grootste orgaan) – estetiese

Binne- binne organe, gesondheid, energie, immuniteit – fisiese

Binneste binne – geestelike – jou binnekant.

  • Huis
  • Klere en grimering
  • Stokperdjies en sport

As jou liggaam gesond is, is jou vel gesond. Jy is energiek, glimlag en jy is sommer mooi en vol selfvertroue. As jy binne lekker voel, (sonder pyne en skete) wys dit op jou emosies wat wys op jou elke dag se geselsies en trek jy mense aan, soos ‘n kind na ‘n lekkergoedwinkel. As jou binneste binne geborge en geliefd voel, maak dit nie saak wat die omstandighede is nie. Jy sal pragtig wees. Jy sal vol vreugde, bruikbaar en diensbaar wees.

VEL:

Ons moet ons vel skoon hou, bevogtig en beskerm.

BINNE:

Wanneer die binnekant nie lekker is nie, wys die vel dit deur aknee, uitslag, ekseem en psoriase en ander allergie. Eet genoeg groente en ongeprosseseerde kosse, protein (vis, vleis en eiers) en goeie vette soos omegas. Drink genoeg water (vir elke 10 kilogram ‘n glas). Vesel is belangrik vir ‘n gesonde kolon. Eet groente en slaai voor kos. Los 4 tot 5 ure tussen etes Jy is wat jy eet.

Beskerm jou derms. Altesaam 80% van jou immuniteitselle kom in jou derms voor en daarom is dit uiters belangrik om daarna om te sien. Dit sal jou immuniteitstelsel sterk hou deur ‘n goeie balans van pro-biotika in jou verteringstelsel toe te laat. ‘n Aanvulling van pro-biotika, gepaard met veselryke kosse, sal jou dermgesondheid verseker.

Net soos om asem te haal, is goeie slaap ‘n menslike noodsaaklikheid. Meeste mense doen dit nog steeds nie genoeg nie. ‘n Tekort aan slaap kan lei tot hoe bloeddruk, diabetes, hartaanval, hartversaking en beroertes. Ander gesondheidsprobleme wat deur swak slaap aangevuur word, is vetsug, depressie en swak immuunstelsel.

BINNESTE BINNE:

Jou siel (wil, emosies en verstand en Gees).

Wanneer ons emosies ervaar, het dit ‘n direkte invloed op ons maag. Jy voel dit in jou “GUT” in jou maag. Jy voel naar, sweterig angstig, kry hartkloppings en is bewerig.

Wat beïnvloed jou gesondheid dan grootendeels anders as kos? Jou denke- jy word wat jy dink. Wie laat jy toe om jou denke te beheer? Jy self, die mense om jou, die wat jy nie vergewe het nie, die media? Of laat jy toe dat God se Gees jou denke vernuwe, rig en beheer. Spreuke 15:13: ‘n Vrolike hart laat die gesig goed lyk, maar by kommer in die hart is die gees neerslagtig. Spreuke 17:22: ‘n Vrolike mens is goeie medisyne, ‘n Neerslagtige mens tap jou krag.

Dit waarvoor jy vandag ja sê is die produk van wat jy gaan oes.

 

Vroue Landbou Kareedouw het vanjaar die Sirkel Suid-Ooskus konferensie aangebied. By hierdie kleurvolle geleentheid het Humansdorp VLV met die loure weggestap deur die meeste punte te behaal.

Op die foto verskyn: Linda Duraan-Kookkuns, Emsie Stander- Borduurwerk, Nanette Stanley: Handwerk en Woordkuns, Annalene van Niekerk: Trofee vir tak met meeste punte behaal, Jo Mclarin- Kuns, Amelia du Plesis – VLV lid van die jaar.