Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: GRIEKWALAND-WES

TAK: POSTMASBURG

SAAMROEPER: MARTIE THIART

BERIGGEWER: JORIETHA KIRSTEN

DATUM: 18 OKTOBER 2024

VLV VRIENDINNEDAG OP POSTMASBURG

Die VLV-tak op Postmasburg het vir elke lid die geleentheid gegee om ‘n vriendin na die algemene vergadering te nooi en so is ‘n feestelike vriendinnedag gehou. Die dames het die ligpienk gedekte teetafels vol gemaak en dadelik het ‘n groot gekuier begin. Elkeen het die geleentheid gekry om haarself voor te stel en gediggies oor vriendskap is voorgelees. Jorietha Kirsten, voorsitter van die tak op Postmasburg, het ons beste vriendin, nl VLVK, aan al die vriendinne voorgestel. Sy het uitgebrei dat ons elke maand met hierdie vriendin saamkuier en dat sy ons leer in ses verskillende studierigtings. Dat haar tema vir hierdie jaar “Kleur jou Lewe” is en haar projek “Gee om vir Bejaardes”. Daarna het al die vriendinne ‘n glasie geklink op ons geliefde vriendin, VLVK, se 95ste verjaarsdag. ‘n Vriendin, Ida Hutton, het vir ons gewys hoe om ‘n papierblom te maak en terwyl die verversings bedien is, kon elkeen haar eie blom maak. So is daar gesellig gekuier in die gees van vriendskap en samesyn terwyl die hande besig gebly het.

Ida Hutton verduidelik die kunsinsetsel.

 

Al die vriendinne het geleer om blomme uit papier te maak.

 

Benita Claassens (middel) met haar vriendinne, Suzelle Coetzee (links) en Marianna le Roux.

 

Martie Thiart dra ‘n gedig voor.

 

Vriendinne van die tak op Griekwastad, vlnr Ruby Kriel, Martie Maritz en Elize Venter.