Sirkel: Kimberley
Tak: Douglas
Portefeulje: Openbare Sake en Veiligheid
Beriggewer: Rina Hansen
Datum: 26 Maart 2025

Op 26 Maart 2025 het Mnr Roelf Jordaan en Jaco Schoonraadt met ons kom gesels oor Selfverdediging en Vuurwapenhantering.
Selfverdediging is die vermoë om jouself teen gevaar te beskerm. Dit verhoog nie net jou veiligheid nie, maar ook jou selfvertroue. Vuurwapens kan in uiterste gevalle deel van selfverdediging wees, maar dit vereis verantwoordelike en veilige hantering.
Belangrike reëls vir vuurwapenhantering:
- Hou dit altyd in ’n veilige rigting.
- Vinger weg van die sneller totdat jy gereed is om te skiet.
- Verstaan hoe jou wapen werk.
- Ken die wet oor selfverdediging.
Opleiding en gereelde oefening is noodsaaklik om akkuraatheid en selfbeheersing te verbeter. Onthou, ’n vuurwapen is ’n laaste uitweg en moet met respek en verantwoordelikheid gebruik word.