Sirkel: SWD
Tak: Hartenbos
Studierigting: Leefstyl en VLVK projek: Bejaardes maak saam.
Saamroeper: Leefstyl: Ida van Tonder.
Datum: Leefstyl: 24 Junie 2025 en
VLVK projek: Bejaardes maak saam: 25 Junie 2025
Beriggewer: Wilma van Staden
VLV Hartenbos leer oor “Vat terug jou kroon“
Dit was ‘n vrolike groep dames wat op die koue wintersoggend van 24 Junie bymekaar gekom het vir die maandelikse byeenkoms van die tak. Vir die geleentheid het die dames opgedaag, getooi met hoofbedekkings wat die hele atmosfeer verder opgevrolik het. Dit kan duidelik op die meegaande foto gesien word.

Dame met vrolike hoed.
By die geleentheid het Odette du Preez van “Odette in Colours”, dames toegespreek met die tema “Vat terug jou kroon”, gebaseer op Spreuke 31. Om die ware skoonheid van jou vrouwees te oordink, moet jy begin by innerlike skoonheid. Met ‘n beeldskone innerlike, straal jy reeds. Sy het innerlike skoonheid bewusmaking laat uitspeel met ‘n terugblik na die tydperk toe jy nog ’n klein dogtertjie was, sodat die onskuld en skoonheid van ‘n klein dogterjie weer in jou navore kan kom.

Odette du Preez van “Odette in Colour” besig met haar aanbieding.
Sy spel drie stappe uit wat nodig is vir ‘n nuwe jy, kleur, grimering en styl. Daar is kleur kombinasies vir elke vrou wat haar komplimenteer en ophelder. Die kleur kombinasie word bepaal deur ‘n kleuranalise te doen om kleure en seisoen te bepaal. Met die jare verander hierdie kleur ontleding om by vel en haarkleur aan te pas. Kleure soos sagroos, turkoois, laventel, kameel/toffie, ivoor en olyfgroen is spesifiek vlyend vir die “ vintage” vrou. “You are not aging. You are just becoming vintage”. Sy het met die saamroeper van ons byeenkoms, Ida van Tonder, gedemontreer hoe hierdie kleure baie vleiend pas by die “vintage” dame.

Kleur Pallette. Foto’s met byskrifte vanaf internet.
Vir grimering het Yolandi Fivaz, ‘n grimeerkunsternaar, talle grimeerwenke gegee, bv kontoerlyne wat die gesig bietjie oplig. Uit haar demonstrasie wys sy ook dat mens jou ringvinger moet gebruik met die aanwending van rome. Die gebruik van poeier na die onderlaag word glad nie meer gebruik en is die blink blos aan die orde van die dag. Die grimeersessie het binne 10 min geskied.

Yolande Fiviz besig om Ida van Tonder te grimeer met Odette du Preez wat die mikrofoon vashou.
Odette het haarstyle benadruk “Jou hare is jou kroon” en beklemtoon dat jou styl deur gesigsvorm, oë en kleur bepaal word. Vir styl van klere is daar drie katerogrieë waarin klere verdeel kan word, nl romanties, eksentriek of elegant. Jy mag ook funky wees. Nog ‘n wenk tov kleure vir jou klere is om swart teen die gesig, ook neon kleure en koelgryste vermy.
Agv jou pragtige innerlike mag jy ook hierdie “ vintage” fase in jou lewe vier met grasie, liefde en baie lag. Dit is wat ons die beste pas, eindig Odette haar praatjie.

Odette du Preez gasspreker en Odette Foviz, grimeerkunstenaar. Hulle het meegedoen aan hoofbedekking geleentheid.

Span verantwoordelik vir die byeenkoms: vlnr: Amanda Engelbrecht, Ida van Tonder, Saamroeper van Leefstyl, Yolandi Fivaz, grimeerkunstenaar, Odette du Preez, Gasspreker, Annemie Erasmus, Vise Voorsitter, Magriet Second, Alba Botha.
Vingerlose handskoene is aan die Hartenbos-tak geskenk waarop besluit is om dit aan Huis Loural, ‘n versorgingsoord in Hartenbos te skenk. Dit is ‘n oord wat hoofsaaklik Alzheimers en Dementia inwoners versorg. Op 25 Junie het Annemie Erasmus, Vise Voorsitter van die tak, en Wilma van Staden, Sekretaris, dit aan hulle oorhandig. Dit laat mens jou kop in skaamte sak om die oorweldigende dankbaarheid te aanskou. Selfs vir die klein geselsies wat ons met inwoners gehad het.

Lede en personeel van Huis Loural. Vlnr Louise Venter, Administratiewe beampte, Elwin Minnaar, Stafverpleër, Sr Annette Smit, Gereigstreerde verpleegkunde-in-bevel, Annemie Erasmus, Vise Voorsitter, Wilma van Staden, Sekretaris.