Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Tak: Blanco

Sirkel: SWD

Datum: 14 Julie 2025

Beriggewing: Marietjie Schaaf

Webwerf Koördineerder: L Terblanche

Tema: Mandela dag

Tuin- Projek: Blanco Tak het die dag gebruik om ‘n positiewe impak te maak deur die “Skep van ‘n mooi tuin area”  by Rosemoor Tehuis vir Bejaardes, George.

Die behoefte was om ‘n skoon omgewing met plante en blomme te skep waar inwoners met rolstoele kan uitbeweeg deur na mooi tuin te  kyk.

Die  seuns is Jeug van die Padvinders wat betrokke was om mooi tuin te skep.

Voordat begin plant is, was grond gereed gemaak.

Alle onkruid en klippe is verwyder. Kompos is by grond ingewerk.

Krismisrose: Dooie takke en ou hout is uit gesnoei

Lede het plante uit hul eie tuine gebring. Seuns het fluks gehelp en oral geplant.

Steggies is gemaak wat in grond geplant was.

Plante: Spekboom, Agapanthus,  Bromeliads, Aronskelk Lelies, en nog veel meer.