Sirkel SWD
Junie 2025
Beriggewer, Lydie Terblanche
SWD-SIRKELBESTUUR GENIET DRIE GESELLIGE KUIER-OGGENDE MET TAKBESTUUR
SWD-Sirkelbestuur het verlede jaar drie administratiewe slypskole aangebied om tak-voorsitters, sekretaresses en tesouriers, met praktiese raad en daad te ondersteun. Hierdie jaar is die konsep verder verfyn en uitgebrei om al die bestuurslede in te sluit.
Stilbaai was gasvrou-tak vir hulle eie bestuur, Voëlvlei, Hartenbos en Herbertsdale.



Oudtshoorn was gasvrou-tak vir hulle eie bestuur, Calitzdorp, Eden, Ladismith, en Vanwyksdorp.



Klein-Brakrivier was gasvrou-tak vir hulle eie bestuur, asook dié van Blanco, Diepkloof en George en Sedgefield.



Die Sirkelbestuur het ‘n paar wyshede gedeel en verder kon die takbestuurslede in die lekker informele kuier-formaat met die Sirkel-president en -bestuur gesels oor wat ook al op die hart gedruk het.
Almal het gemaklik rondom smul eetgoed saam gekuier en mekaar beter leer ken. Die Sirkelbestuur is ook deur die gasvrou-takke bederf met kreatiewe, handgemaakte bederf-goed. Stilbaai het prag-voorskote gegee, Oudtshoorn het besonderse oorbelle gebied en Klein-Brakrivier het klassieke plekmatjies oorhandig.
SWD-Sirkelbestuur bedank graag ons uitstaande Sirkel-president, Elize Locke, vir hierdie innoverende kuieroggende.