Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: Paarl

Tak: Suider Paarl

Portefeulje: Openbare Sake

Saamroeper: Bestuur van Suider Paarltak

Beriggewer: Gonny du Plessis

Datum: 19 November 2025

Beleef jou reis met Suider Paarltak wat internasionaal gaan!

Die jaarafsluiting was gehou in die Historium net langs die Taalmuseum in die Paarl.

Drie Maandae voor die afsluiting het lede per Whatsapp drie verskillende uitnodingskaartjies ontvang, sodat hul tog nie moet vergeet van die groot gebeurtenis nie.

Soos gewoonlik is die bestuurslede verantwoordelik vir die afsluitingsoggend, dus het elke bestuurslid ‘n land gekies waarheen gereis kan word wat betref kleur en smake.

So was daar 8 verskillende tafels gedek vir die lande Suid-Afrika, Nederland, Dubai, Griekeland Mexico, Frankryk, Italië en Portugal.

So was daar ook van elke land ‘n soet en sout happie om te geniet.

Na die skriflesing en gebed deur Ds Nadia Muller van die Simondium kerk, was die welwillenheidskers aangesteek deur Berta Spangenberg en het mev Karen Visser almal wat in November en Desember verjaar, geluk gewens.

Daarna is ‘n pragtige fotobeeld op die skerm gewys van wat alles by die afgelope kongres te Mykanos, plaasgevind het. Dit was so goed gedoen dat dit gevoel het of jy dit self beleef.

Ook het die jaarlikse prysuitdeling plaasgevind en die pryse was oorhandig deur mev Rita Bester wat al 63 jaar lid is van Suider Paarl tak.

Die jaarverslag is ook gelees en lede het elkeen ‘n Kersgeskenkie gebring wat geruil was terwyl “Sarie Marais” gespeel was op die klavier. Ook was die bedankings gedoen.

Daarna kon gaste en lede van die heelike verskeidenheid van eetgoed geniet.

Uitnodigingskaartjie

Annie D van Sckalwyk lewer ‘n item oor Salamo.

Annemarie Rademeyer en Freda Louw wat haar voorstel en sy lewer ‘n sangitem.

Lede wat 100% teenwoordig was: vlnr Berta Spangenberg, Marietjie Bonet, Ely Brouwn, Reta Bester, Annie D van Schalkwyk, Jenny Ruthven, Anita Basson en Gonny du Plessis.

Taklede wat hul lande verteenwoordig: Joanie Kingwill (Italië), Salomie Pretorius (Frankryk), Jenny Ruthven (Dubai), Karen Visser (Portugal), Berta Spangenberg (Suid-Afrika), Gonny du Plessis (Nederland), Anita Basson (Mexico) en Wilma Kock (Griekeland).

Die Griekse tafel

Die Suid-Afrikaanse tafel

Die Franse tafel

Die Portugese tafel

Die Beker en pryswenners: vlnr Gonny du Plessis, Joanie Kingwill, Nonnie Malan, Wilma Kock, Marie Hammann, Marieta Lourence, Berta Spangenberg en Anita Basson