Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Landbou
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 26 Julie 2023
Aanbieder: Eurika Byleveld
Pieter Jonker deel sy kennis oor die maak van messe met Vryburg VLV. Hy gebruik gebreekte saaglemme om messe te maak. Metaal word in vuur en dan in olie getemper. Die vorms word uitgesaag en dan met die hand glad geskuur. Vir handvatsels gebruik hy kameeldoring, swarthaak, olien, matoppiehout of horings.
Esta Twigge demonstreer die maak van deeg met slegs twee bestanddele. Meng 500 ml bruismeel met 250 ml volroom jogurt. Knie liggies met die hand. Strooi meel en rol uit. Deeg is baie veelsydig en kan gebruik word om pizza, rooster-, vet- en skuinskoek, vleispasteie, wasgoedbondeltjies of gestoomde kluitjies te maak. Sy oorhandig namens lede kruideniersware aan die dienssentrum.

Eurika Byleveld en Pieter Jonker

Pieter se messe

Esta Twigge

Voorbeelde van gebak

Carina Botma (Dienssentrum) en Esta Twigge