Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Eregaste v.l.n.r. vorige sirkelpresident, Rienie Ludick; oud-sirkelpresident en voormalige sirkelpresident, Hermien van Zyl; vise-sirkelpresident, Magda Marais; sirkelpresident, Elbé Fourie, sirkelsekretaresse en tesourier, Karin Steyls langs gasspreker, Hetta Van Deventer-Terblanche en heel regs sit die burgemeester van Hermanus, raadslid Archie Klaas.

Sirkel Overberg 92ste konferensie te Onrus op 11 Maart 2026

Sirkelpresident, Elbé Fourie en verskeie eregaste, sprekers en die gasvroutak van VLV Hermanus het daarin geslaag om – danksy die toeganklikheid van artikels; die ruim en koel lokaal; die lieflike begeleiding en verrassend mooi samesang (veral van die Lekkersing VLVK-lied); die goeie vloei van die hele program – aan die vereistes van ‘n suksesvolle konferensie te voldoen. “And the cherry on top” was die voorgereg wat baie elemente van die kostradisies waarop die gasspreker gefokus het bevat het.

Hermanus-tak het loshande gewen met ‘n totaal van 8 trofeë wat meeste punte en meeste inskrywings insluit. Caledon en Gansbaai het onderskeidelik tweede- en derde meeste punte in totaal gekry en Caledon het 4 trofeë gekry. Gansbaai en Bredasdorp het elkeen drie ontvang.

Die Takprestasietrofee is aan Villiersdorp se voorsitter, Johlene Viljoen, oorhandig en Caledon se voorsitter, Corrie Fogwell, het die Presidentstrofee gekry. Sien meegaande foto’s waar die trofeë deur Elbé Fourie, sirkelpresident, oorhandig word.

Johlene Viljoen van Villiersdorp

Corrie Fogwell van Caledon

Wat geweldig beïndruk het, is dat alle artikels wat op kongres betrekking het, reeds beoordeel was toe ons 08h30 daar kom.

‘n Boodskap van die President van VLVK, Hannelie Low, is op video vertoon en die President van Sirkel Overberg , Elbé Fourie, het die program gelei.

Die burgemeester en die uitstekende bas-bariton, Corniel Calitz, het binne 10 minute opgetree. Die ander sprekers vir Leefstyl, Openbare Sake en Landbou & Tuinbou het binne hul toegelate 20 minute gepraat. Net die hoofspreker het 45 minute lank gehad om te praat. Dis ‘n goeie praktiese reëling om die spreekbeurte kort te hou.

Burgemeester – Archie Klaas – Die belangrike rol van die vrou in die gemeenskap.

Openbare Sake – Armand Briërs – Digitale bemarking.

Gasspreker, Hetta van Deventer-Terblanche ontvang ’n geskenk by Diana Spamer van Hermanus

Gasspreker – Hetta van Deventer-Terblanche het oor ‘n antieke handgeskrewe reseptemanuskrip wat oor 3 geslagte strek gesels – “Die vonds van ‘n leeftyd.”

Die ontvanger van ’n Eretoekenning  ‘Dankie sê Persoon’ – Dr Duminy – het oor die Onkologie eenheid, die oorblyhuis vir pasiënte, asook die vooruitsig van ‘n harteenheid vir Hermanus gepraat. Hy was onder die indruk dat hy net ‘n spreekbeurt sou kry en was aangenaam verras toe die voorsitter van Hermanus se tak, Magda Marais, sy eretoekenning tydens haar bedanking aan hom oorhandig het.

Eretoekenning is deur Magda Marais aan Dr. John Duminy oorhandig

Na middagete het Sue Leppan opgewek vertel van fisiese en geestelike versorging.

Gesellig tydens teetyd

Leefstyl – Phillip Marais het die voordele van spanwerk in sy restaurant met ons gedeel.

Landbou & Tuinbou – Carolyn Martin van Creations Wines het regeneratiewe leierskap beklemtoon. Dit kom daarop neer dat hulle effektief belê in die welstand (‘well being’) van hulle werkers. Dit sluit die volgende 5 aspekte in: Doelgerigtheid, slaap, kos, oefening en ontspanning,