Sirkel:Overberg
Tak:Bredasdorp
Saamroeper Gesondheid:Annatjie de Beer
Beriggewer:Letty-Ann Möller
Datum: 3 Junie 2025
Jy kry vaskulêre demensie, demensie met Levi en temporale-en alkoholdemensie.
Die interessante effek wat KLEUR op ‘n Alzheimerspasiënt het is tydens VLV Bredasdorp-tak se Gesondheidsvergadering op 3 Junie 2025 uitgewys.
Swart is ‘n besliste nee vir Alzheimers. Die pasiënt sal vassteek by ‘n swart deurmatjie want hy/sy sien ‘n swart gat! ‘n Rooi bord sal die pasiënt aanspoor om te eet en groen is
‘n gerusstellende gunsteling.
Kleure om met versigtigheid te gebruik • Swart en donker kleure • Effek: Kan as gate of leemtes vir Alzheimer-pasiënte voorkom. • Risiko: Kan vrees of huiwering tydens loop veroorsaak (bv. swart deurmatte kan as gate gesien word). • Wit • Effek: Te veel wit kan visuele verwarring veroorsaak. • Risiko: Moeilik om voorwerpe teen wit mure of vloere te onderskei. • Grys • Effek: Emosioneel dof; kan gevoelens van hartseer of ongeïnteresseerdheid verhoog. • Let wel: Word dikwels vermy in sorgomgewings vir mense met demensie. Praktiese wenke • Kontras is die sleutel: Gebruik hoëkontraskleure om pasiënte te help om voorwerpe te identifiseer (bv. ‘n rooi bord op ‘n wit tafel help hulle om kos beter te sien). • Vermy patrone: Besige patrone kan verwarrend of disoriënterend wees. • Konsekwente kleurskemas help met geheue en oriëntasie, in bekende omgewings.
Bostaande inligting ter agtergrond. Suster Binneman, hoof van Suideroord op Bredasdorp se Alzheimersafdeling, het in breë trekke die variasies van die siekte verduidelik aan ‘n teikengehoor van bejaarde lede en hoogsbejaarde gaste. In die gehoor was daar vroue wat hulle man met Alzheimers tuis versorg,
-Goue reëls vir versorgers: Die hantering van Alzheimerpasiënte:
Ek kan nie die verloop van die siekte beheer nie, maar ek kan beheer hoe ek gaan
toelaat dat dit my, my kliënt of sy/haar familie affekteer.
Ek moet na myself ook omsien sodat ek kan voortgaan om te versorg.
Ek moet my leefstyl vereenvoudig sodat ek tyd en energie het vir wat saak maak.
Ek moet die gawe ontwikkel om ander toe te laat om my by te staan want om die
verantwoordelikheid van die versorging- alleen kan ek dit nie doen nie.
Ek moet een dag op ‘n slag aanpak eerder as om my te bekommer oor wat die
toekoms mag inhou.
Ek moet my dag beplan want ‘n standvastige roetine maak die lewe makliker vir
myself en vir die persone wat versorg moet word.
Ek moet ‘n sin vir humor hê om die lewe in perspektief te sien.
Ek moet onthou dat my kliënt/pasiënt nie opsetlik moeilik is nie, maar dat sy/haar
optrede deur die siekte veroorsaak word.
Ek moet fokus op (en waardeer) wat die persoon steeds vir hom/haarself kan
doen, eerder as om te fokus op wat hy/sy nie kan doen nie.
Ek moet toenemend op my ander verhoudings staatmaak vir liefde en ondersteuning.
Ek moet myself voortdurend daaraan herinner dat ek die beste doen wat ek op
hierdie stadium kan doen.
Ek moet my krag ontvang uit die Hoër Hand wat altyd tot my beskikking is.
‘n Tweede spreker,‘n jong apteker, Christiaan Opperman, het beklemtoon dat jy moet weet waarvoor jy pille drink, by jou medikasie moet hou en nie onwillekeurig pille moet sluk nie. Die verantwoordelikheid van ons fisiese én emosionele gesondheid lê by onsself.

Die sprekers, Christiaan Opperman en suster Miralda Binneman.

VLV Bredasdorp tak met genooide hoogsbejaarde gaste.