Sirkel: PAARL
Tak: SLOT VAN DIE PAARL
Beriggewer: ALETTA KEYSER
Datum: 23 APRIL 2026
LID VIER 90STE VERJAARDAG
Lenie Relihan het gedurende 1967 by die VLV aangesluit – by Slot van die Paarl-tak waar sy in 2022 haar 55 jaarkenteken verwerf het. Teen die einde van 2025 het sy besluit om te bedank a.g.v. gesondheidsredes. Lenie was vir baie lank ’n ywerige tennisspeler.
Lenie en haar tweelingsuster, Sannie is op 23 April 1936 in Cathcart in die Oos-Kaap gebore
en kon hul 90ste verjaardag saam vier by die Klein Roosboom-wynplaas in Durbanville, Kaapstad.
Die tweeling, wat nie identies is nie, probeer soveel as moontlik by mekaar uitkom, maar dit raak al moeiliker, want Lenie woon in die Paarl en Sannie in Klerksdorp.

Links – Lenie Relihan saam met haar suster Sannie Vorster regs