Sprekers \ Speakers
Mr. Ajit Gopalakrishnan
Mnr. Justin Terblanché
“Renosterfluisteraar” in Suid-Afrika se Oos-Kaap. Hy het in Patensie en Humansdorp grootgeword en ‘n diep liefde vir die natuur en wildlewe ontwikkel – een wat sy lewensmissie gevorm het om renosters te beskerm. Daardie passie het hom gelei tot ‘n loopbaan in anti-stropery, en die ontmoeting met sy eerste renoster het sy verbintenis verseël. Vandag, as medestigter van Rhino Whisperers NPC, veg hy daagliks om te verseker dat hierdie ongelooflike diere ‘n toekoms vry van vrees het. Renosters word tot op die rand van uitsterwing gestoot, met hul getalle wat die afgelope dekades met meer as 90% gedaal het. Hulle word meedoënloos deur stropers geteiken en geslag vir hul horings. Hierdie sagte reuse speel ‘n belangrike rol in hul ekosisteem, en om hulle te verloor, sal ‘n onvervangbare leemte in die natuurlike wêreld laat. As ons nie nou optree nie, sal toekomstige geslagte dalk nooit ‘n renoster wild sien rondloop nie. By Rhino Whisperers is ons die laaste verdedigingslinie. Ons waag ons lewens om tussen stropers en die renosters te staan wat ons gesweer het om te beskerm. Justin werk op Lombardini-wildplaas, eens die tuiste van 19 renosters. Vandag is daar net vier oor. Stropery en siekte het hul bevolking verwoes, maar Justin is daartoe verbind om te doen wat ook al nodig is om doen.
Dirk & Hanna van der Westhuizen
Kokkedoor: Son-en-see wenners
Hanna is die hart en geheue van die kombuis. Sy dra generasies se kennis, resepte en wysheid saam – kos wat nie uit boeke kom nie, maar uit herinneringe en lewensjare. Haar styl is eerlik, ongekunsteld en diep gewortel in tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns, met besondere fokus op eenvoud en smaak. Haar kalm teenwoordigheid, stories uit ‘n ander tyd, en egtheid laat mense onmiddellik tuis laat voel.
Dirk daarenteen bring die energie, kreatiwiteit en moderne aanslag. Met ‘n agtergrond in gasvryheid, event-bestuur en media, weet hy hoe om kos nie net te kook nie, maar ook te vertel. Hy het ‘n fyn aanvoeling vir aanbieding, venuwing en hoe om ou resepte relevant te maak vir ‘n nuwe generasie – sonder om hul siel te verloor. Sy styl is speels, eerlik en toeganklik met ‘n sterk fokus op mense, gemeenskap en stories.
Wat hulle besonders maak is nie net hul kos nie – dit is hul verhouding. Die nautuurlke gesprek, humor, liefde en soms eerlike menigsverskille tussen ma en seun skep ‘n egte en menslike ervaring wat gehore diep raak. Hul optredes voel soos ‘n kombuistafel-gesprek… ‘n Familie-ete…‘n Storievertel-oomblik, met kos as die taal
Dirk en Hanna bring nie net kos nie – hulle bring gevoel, herinnering en verbinding.
Me. Nelmari Oosthuysen
M.Phil (Persoonlike, Interpersoonlike en proffesionele leierskap)
Sielkunde en Bedryfsielkunde; Entrepreneur; Kunsterapeut; Kreatiewe fasiliteerder
Eienaar van:
- A Peace of Art in Port Elizabeth
- A Peace of Art in Bloemfontein
- Nebo Padstal – Bloemfontein
Mede eienaar:
- The Yellow Crane Gallery – Bloemfontein
- Bisque (Keramiek) fabriek
- Houtfabriek
Passie: Ontwikkel, ontwerp, ontleed, ontdek
Ander belangstellings: Liedjieskrywer, Digter, Grafiese ontwerper
Betrokke by verskeie organisasies wat fokus op gemeenskapsontwikkeling, Tegnologie, Kreatiwiteit, Mense.
“Wanneer ‘n mens met jou hande dink, hoor jou hart dinge wat woorde nie kan sê nie. Juis in daardie stille ontdekking ontstaan nuwe oplossings vir alledaagse uitdagingins” – Nelmari
Dr. Heather Rauch
UNIVERSITY EDUCATION
BA (SW) University of Port Elizabeth – 1987
MA (Clinical) SW University of Port Elizabeth – 1991
DPhil (SW) University of Port Elizabeth – 2000
WORK RECORD
1988 – Department of Health Services and Welfare
1989 – October 1995 – Childline, P.E. Child and Family Welfare Society.
I was appointed as the founder social worker of this child abuse unit and left as the manager of 7 staff when I entered private practice in 1995.
I conduct my private practice focussing mainly on psychosocial matters relating to families but also work with the following service providers:
• Medico – legal assessments
• Counselling to children, adults and families
• Sessional work at Aurora Rehabilitation Hospital 2001 – 2003
• EAP Affiliate to the following companies:
• Careways known now as Life Health Solutions – since 1999
• Wellness @ Work 2009-
• Life Assist- 2010
Mantis group – 2022-
• Amobia Communications- 2023-
Sessional work for Alzheimer’s Association, Eastern Cape 2007 – Regional manager, Eastern Cape since 2014, now known as ADASA.
I assisted with the training and supervision of staff at FAMSA, Port Elizabeth monthly from 2008 to 2011.
I am a trained mediator. I am regularly appointed as Parental Coordinator in various matters by the High Court and Children’s Court.
I conduct assessments in family related medico – legal matters and give expert evidence in the Children’s Court, Regional and the High Court.
I have been appointed a Curator Personae in 12 matters and conduct professional assessment for Curatorship and administration orders when required.
I am a research and practice supervisor of 4th year students at NMMU 2013- 2022 and master’s students from 2013 to 2024 and in 2026
I completed a Palliative Care course through the UCT medical school in March 2024. I am a member of a palliative care team and render multi-disciplinary team services in this field since 2023.
VOLUNTARY COMMUNITY INVOLVEMENT
• Board member of Aurora School for the profoundly handicapped since 2001-
• Director of the ECHO Foundation since 2008 and vice chair since 2025.
• We are honorary members of the Rotary Club of Algoa Bay, and I have been Anns President in 2005/6 and 2010/11
Me. Marie Vermeulen
In 2013 met opwinding en ook so bietjie senuweeagtig, het ek alles opgepak om die lewe as Karoo boervrou, saam met my man Daniël, aan te durf. Carnarvon het dadelik in my hart gekruip. Die natuur, die mense, die eenvoud en die kwaliteit van lewe.
Omdat ek vanaf Potchefstroom “ingevoer” is, het ek absoluut niks geweet van boervrou wees nie. Ek het toe besluit om by die VLV aan te sluit en tot vandag toe nog dink ek dis die beste besluit wat ek al geneem het! My mond het oopgehang oor al hierdie dinamiese boervrouens wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Hulle het my geleer dat absoluut niks in hierdie wêreld onmoontlik is nie, en waar daar ’n wil is, is daar ’n weg! Ons vroue het saam deur die groot droogte gekom, en die samesyn en ondersteuning wat daar vir mekaar was het gesorg dat as ons by die huis kom ons ons trane kan afvee, kop oplig en ons mans ondersteun met nuwe moed en nuwe planne.
By elke vergadering leer ons iets nuuts. Mens stap daar uit met soveel inspirasie en is werklik waar net verryk – van inlê tot die nuutste arbeidswette. Wat die VLV so lekker en uniek maak is die feit dat daar soveel verskillende portefeuljes is. Die grootste fout wat daar gemaak word is om te dink dat VLV “outyds” is. Ek geniet dit om vrugte en groente in te lê! Dis so lekker om te weet die vrugte en groente op die plaas word verwerk en gebruik! Mens voel so trots as jy na jou eie botteltjie kwepers kyk en weet jy het dit self gekook. Die VLV boervroue het altyd raad. Hulle kan na jou konfyt kyk en dadelik sê wat jy volgende keer anders kan doen om dit nog beter te maak.
Een van my gunsteling vaardighede wat ek aangeleer het, is om te weef. Dit is so bevredigend om uit niks ’n dubble geweefde pennesakkie te maak! Nog ’n heerlike kompetisie was om ’n kunswerk van knope te maak. Waar in my lewe sou ek anders die vaardigheid aangeleer het?! In 2024 het ek die voorreg gehad om die VLV-konferensie by te woon wat aangebied was deur Williston se tak. Ek het my verkyk aan die kompetisie artikels. Ek kon nie glo wat ons boervrouens kan verrig nie. Op pad terug het ek besluit om vir my ’n naaldwerkmasjien te kry, want ek wil leer om ook sulke pragtige items maak! Ek het vir my ’n baie ou tweedehandse 1975 Elna naaldwerkmasjien gekoop. Ek wou net eers seker maak of ek wel van naaldwerk gaan hou. Vir die res van die jaar het ek elke Dinsdag naaldwerklasse geloop. Ek het geleer ’n mens vat nie kortpaaie nie. Daar is ’n regte manier om iets te doen en dis dit! Baie ambisieus
het ek my eerste naaldwerkkompetisie artikel gemaak. Dit was ’n koningingrootte laslappie kwilt. My kwilt is toe vanaf Konferensie deur na Kongres en ek het 6de plek behaal. As dit nie
vir die VLV was nie sou ek nooit my liefde en passie vir naaldwerk ontdek het nie. Ek het vir daardie jaar se kompetisie ’n somersrok vir ’n dame gestik sowel as ’n voorskootjie vir my kleuterdogtertjie, Elize.
Dis nou twee jaar later en ek het my eie naaldwerk-hersteldienste oopgemaak – Marie’s Magic Stitches. Ek het nou al soveel kliënte se klere reggemaak en dit verskaf vir my baie plesier! My slagspreuk is “Spreading joy with every stitch” want ek glo daaraan dat ek met my naaldwerk, lewens kan aanraak. Ek is dankbaar vir die VLV, en om deel te kan wees van so ’n groot en wonderlike groep dinamiese vroue. Ek sien uit na wat ek die res van my lewe nog gaan leer en ek doen ’n beroep op alle jongvrouens om by die VLV aan te sluit. Kom vind jou inspirasie by die VLV, waar jy vaardighede aanleer en vriendinne van oud en jonk maak!