Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

SIRKEL: KALAHARI

TAK: VRYBURG

TEMA: LANDBOU EN TUINBOU

BERIGGEWER: NELLIE VILJOEN

AANBIEDER: EURIKA BYLEVELD    

DATUM: 16 APRIL 2025  

Vryburg VLV kry besoek van Ockie en Sarie Marais wat in die omgewing van Setlagoli met karkoere boer. Karkoere floreer in ‘n droë klimaat en produeer olie van hoë gehalte. Citrullus lanatus is ‘n rankplant wat al eeue lank deur die San gebruik word. Ockie moes voldoen aan BSA (Benefit Sharing Agreement) en betaal vergoeding aan die San. Die verbouing word organies gedoen en geen gifstowwe is toelaatbaar nie. Dit neem twee tot drie maande vir die vrugte om te verkleur, ryp te word en hul volle potensiaal te bereik. Ontpitting is moeilike proses en na deeglike navorsing het Ockie dit reggekry om olie uit die pitte te pers. Na elke persing word die olie in ‘n laboratorium getoets. Karkoere is hoog in Omega 6 en aminosure en baie hoog in Vitamien E . Olie is nie vetterig nie en help teen veroudering en plooie. Kan as sonblok gebruik word, verminder inflammasie, help vir ekseem, aknee, velvlekke en moesies, gordelroos en koorsblare. Olie het ‘n raklewe van twee jaar maar suurstof en sonlig kan dit nadelig beïnvloed. Die olie word uitgevoer na oorsese lande en word vir kosmetiese produkte gebruik.  

Eurika Byleveld by Sarie en Ockie Marais

Citrullus lanatus (karkoer)