Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel:  Overberg

Tak:      Hermanus

Portefeulje:

Saamroeper:

Beriggewer: Marianne Spamer

Datum van vergadering: 30 Julie 2025

Om hierdie gebeurtenis te vier, nooi ons mense van uit ons gemeenskap om saam met ons partytjie te hou.

Dit word ‘n tweeledige dag – Feesvier vir 95 geseënde jare as VLV-tak asook om die Projek – “Bejaardes maak saak”,  aan te spreek. Daar word gaste genooi uit Fisherhaven, Onrus, Vermont, Hawston, Mount Pleasant en Swelile.

Ons Sirkel President, Elbé Fourie, asook lede van omliggende takke was ook teenwoordig om hierdie mylpaal te vier.

Ons word trakteer op vioolmusiek deur Jasmine Banson, ‘n Graad 12  leerder by Curro Hoërskool asook ‘n klavieruitvoering deur ons plaaslike orreliste, Louna Stofberg. En ons gaste begin spontaan te sing en hand te klap en te dans!

Elbé Fourie en Magda Marais, voorsitter,  sny die verjaardag koek, waarna almal smul aan al die lekkertes wat net VLV-dames kan voorsit.

Daarna word kniekombersies en geskenkpakkies aan al die gaste uitgedeel. Wat ‘n wonderlike manier om jou 95ste verjaardag te mag vier!