Skip to main content

Vroue-Landbouvereniging van Kaapland

Sirkel: SWD

Tak: Hartenbos

Studierigting: Onderwys en Kultuur

Leefstyl

Sameroeper: Petro Coetzer

Ida van Tonder

Beriggewer: Wilma van Staden

Datum: 27 Mei 2025

Wapen van Hartenbos Laerskool

VLV Hartenbos en Hartenbos Laerskool is altwee welbekende entiteite in die gemeenskap van Hartenbos. Verskeie lede van die VLV Hartenbos het kleinkinders daar en ervaar die kinders se vreugde van skoolgaan by die skool. So is daar ook lede wat bydraes lewer vir die aktiwiteite en aksies van die skool.

Op 27 Mei 2025 het Hartenbos Laerskool hulle teenwoordigheid in Hartenbos baie duidelik en prominent aan lede en besoekers kom bekend stel. Dit het gebeur dmv ‘n voorlegging wat Mnr Werner Van Huyssteen, Skoolhoof, by die maandelikse byeenkoms gehou het. Die musiek optrede van vyf leerders met hulle onderwysers het die geleentheid verder spesiaal gemaak.

Mnr Werner van Huyssteen, Skoolhoof van Hartenbos Laerskool en gaspreker van die dag.

Mnr van Huyssteen het statistieke voorgehou rakende die aantal leerlinge en getalle per standerd en klas. Die inligting wat die verspreiding van akademiese resultate per standerd aandui, toon duideik dat die onderwysers baie hand werk om die potensiaal van elke leerder maksimaal te ontgun. Diagramme wat die aanwending van die onderwysers, asook die aantal deelnemers aan verskillende soorte sport uitbeeld, is vertoon. Hy meld van die leerders wat in 2024 op provinsiale vlak deelgeneem het. Leerders wie aan nie-skoolsporte deelgeneem en presteer, word ook vereer. Mnr van Huyssteen het die deeglike bewaring en ontleding van data beklemtoon. Sy motto in verband hiermee is “Meet om te weet”.

Leerders van Hartenbos Laerskool in die saal.

Baie vrolike en pret geleenthede van leerders en onderwysers is uitgewys. Met verlede jaar se 120-jarige bestaan feesvierings, is baie interessante aktiwiteite aangebied. Foto’s wat Mnr van Huyssteen vertoon het, wys baie duidelk dat die kinders die geleenhede terdeë geniet. Hierdie tipe pret en vrolike geleenthede gebeur deurlopend as deel van die normale skoolprogram. Hy beklemtoom dat dit vir die skool ‘n fokuspunt is dat kinders gelukkig moet wees.

Kinders met leergestremdhede word ook geakkomodeer en spesiale geriewe is ingerig om vir onderrig vir hulle spesiale behoeftes moontlik te maak, bv dmv die kombuis- en werkswinkelklaskamers. Spesiale onderwysers word aangestel vir die doel. Een so ‘n geval is waar ‘n kind met spesiale behoeftes, sy eie, een-tot-een, onderwyser het. Dit kan gedoen word op grond van die gradering van die skool.

Kultuuraktiwiteite suig by hierdie skool glad nie aan die agterspeen nie. In 2025 is klaskamermusiek begin waar kinders geleer word om op verskillende instrumente te speel. Mnr van Huyssteen huldig die siening dat kinders nie hulle gawes en talente kan ontdek as hulle nooit daaraan blootgestel is nie. Met die optrede van die vyf kinders, was dit duidelik dat hulle die geleenthede gebied word om hulle talente te ontgun en ten toon te stel. Verder is koorsang optredes en jaarlikse konserte ook aan die orde van die dag.

Musiekitem deur blokfluitspeler, Luc Ehlers.

Sangitem deur Xanè Hoffeldt.

In die daaglikse rooster word daar voorgesiening gemaak vir periodes vir godsdiensopvoeding en Christelike gesprekke, meestal in ‘n rustige, ontspanne atmosfeer.

Voordurende uitbreiding van die fasilitiete is noodsaaklik weens die voordurende groei en veranderende behoeftes. Sonpanele is geïnstalleer met die nodige batterye. Hierdie stap het geweldig bygedra tot die vermindering van die skool se elektrisiteitsrekening. Van die nuwe klaskamers maak voorsienng vir die spesiale behoefte leerders, asook die klaskamermusiek. Die studiesentrum maak voorsiening dat leerders na skool ‘n veilige plek het om te bly en te studeer totdat hulle ouers hulle kan kom haal.

Volkome deelname en samewerking met die gemeenskap word beklemtoon. Hy meld die donateurs en borge wat vir die skool van baie groot waarde is, bv Ford, Standard Bank en Labour Consultations.

Na Mnr van Huyssteen se voorlegging het vyf musikante,vier dogters en ‘n seun, met hulle onderwysers se leiding, individueel musiek gemaak.. Dit het gewissel tussen sang, klavierspel en sang en blokfluit. Net nog ‘n bewys dat kultuur ook hulle regmatige plek in die skool kry.

Die musiekspan: Agter vlnr: Onderwyser, Christel Kies, Mija Havenga, Lisa Smit, Xanè Hoffeldt, Onderwyser, Anette Strydom.

Aangesien die Sirkel, SWD, twee Tartan Hekellappies op 2026 se Konferesie kompetisielys het, was daar ‘n behoefte aan meer inligting. Dit het aanleiding gegee dat ‘n demonstrasies deur Dorea du Plessis ook op die program was. Sy het reeds drie “rame” gemaak en een so ‘n Tartan plekmatjie voltooi. Sy het ‘n paar “foute” (haar woorde) gemaak en kon daarom ‘n paar baie interessante wenke gegee. Een raak die mates van die artikel. Soos sy haar eerste artikel gemaak het, het sy agtergekom dat dit kleiner word soos sy vorder en aangeraai dat +- 1,5cm by die voorgeskrewe mate by die “raam” bygevoeg word. Mens moet ook mooi beplan sodat jou herhalings van elke kleur eweredig is en moet herhaal en nie spieëlbeelde moet wees nie. Dit blyk dat daar ‘n behoefte is dat die Sirkel se Leefstyl saamroeper se verdere hulp nodig gaan wees.

Dorea du Plessis besig met haar demonstrasie.

Petro Coetzer het by die tak sy tydgleuf van “So -Maak-Mens” vier verskillende maniere om serpe te vou en te dra, gedemonstreer. Elke metode is op ‘n model, Michelle Stevens, demonstreer en die resultaat het vele mense na hulle asems laat snak.

Petro Coetzee met haar model, Michelle Stevens.

Groep verantwoordelik vir die verrigtinge van die oggend. Agter, vlnr Martie Visagie, Johanna Swanepoel, Mnr Werner van Huysteen, Skoolhoof van Hartenbos Laerskool en gasspreker, Karen Kruger, Petro Coetzer, saamroeper van Opvoeding en Kultuur.