Sirkel: Paarl
Tak: Paarl Aand
Datum: 28 Mei 2026
Saamroeper: Martell Swart
Beriggewer: Una Engelbrecht
Genuine Connection gee werk vir baie in die Paarl
Janette Hilton-Gericke van Genuine Connection het kom praat oor haar familiebesigheid van 31 j. wat klere ontwerp en vervaardig vir meesal groot handelsname, wat dit dan weer na verkooppunte versprei. Sy en haar man het in 1995 rugbytruie vir ondersteuners begin maak en uit hul motor se kattebak verkoop. Vandag staan sy ná haar man se skielike dood in 2017 aan die stuur van ‘n groot onderneming met sowat 250 mense voltyds in diens.
Benewens die vervaardiging van kledingstukke doen hulle borduurwerk vir branding, drukwerk en hoëspoed sublimation printing, DTF-(direct to film) drukwerk, digitale druk- en snywerk, hitte-oordrag en vertikale skermdruk. Dan is daar nog die bestuurspan, finansies-en-administrasiepersoneel, dié wat bemarking en verkope doen, grafiese ontwerp, patroonmaak en -gradering, Lectra-snywerk, produksie en stik, gehaltekontrole en laastens verpakking en verspreiding. Al die werknemers is opgelei in meer as een vaardigheid wat nodig is in die onderneming sodat die wiele geolie kan loop.
Lede van die VLV-tak het die praatjie opgevolg met ‘n besoek aan die fabriek in die Paarl.

Rouxné Koegelenberg bedank die spreker Janette Hilton-Gericke

Martell Swart, Rouxné Koegelenberg, Janette Hilton-Gericke, Zoë Gericke, Tersia Pretorius

Lede van die tak het die praatjie opgevolg met ‘n besoek aan die fabriek

Werkers van Genuine Connection aan die werk – foto’s vanaf webwerf https://gencon.co.za/gallery/
