SIRKEL: Griekwaland-Wes
TAK: Postmasburg
KONFERENSIE 2026
BERIGGEWER: Jorietha Kirsten
DATUM: 11 Maart 2026
Die konferensie was ‘n wonderwêreld waar feëtjies tussen blomme en teekoppies weggekruip het. Die gaste is verwelkom met geskenkpakke vol bederfies en almal kon uit die staanspoor die fyngebak geniet.
Die opening is waargeneem deur ds Chaldin Bezuidenhout wat die waarde van ‘n vrou uitgelig het uit Esther 4. Daarna ontvang mev Maryna van der Merwe die 65-jaar kenteken. Die gasspreker, Nicolette Steel, deel ‘n paar riglyne tot spanbou/spanwerk en verduidelik aan die hand van ‘n geskenksakkie vol klein items, nl:
- Legoblok/steen – bou een blokkie op ‘n slag/een persoon op ‘n slag.
- ID-kaart – behandel elke persoon individueel volgens sy eie persoonlikheid.
- Sout – elkeen bring sy eie sout na die tafel wat saamgegooi word en meng.
- Papier – onderskei tussen VIP (very inspiring people), VNP (very neutral people) en VDP (very draining people). Hou inspirasie altyd naby.
- Longe – haal asem en beheer jou woede, irritasies, stemtoon en emosies.
- 15 Koekies – 15 aspekte van liefde in 1 Kor 13:4-7, skryf jou eie naam daarin.
- Pen – skryf jou eie getuigskrif/wat wil jy hê moet mense sê op jou begrafnis. Wat moet jy in jou lewe verander vir ‘n goeie getuigskrif?
- Horlosie – jaag vrede na en vat tyd om mekaar te leer ken.
Mev Erika Lubbe haal Romeine 5 aan in haar boodskap van volharding en hoop.
Ander sprekers is Mêrie Scheepers as skrywer, sr Tokkie Fourie wat die lewe in ‘n plattelandse kliniek uitlig en Ferdi Kirsten wat die gehoor inlig oor kubermisdaad.
Volop-tak word aangewys as die tak wat die meeste punte ingesamel het en Niekerkshoop-tak as naaswenners. Die dames vertrek terug huis toe met ‘n lekker wegneempakkie en verkwik deur samesyn in goeie geselskap.

Konferensiegangers is verwelkom met geskenksakkies.

Die teekoppies het reggestaan vir gesellige samesyn

Tafels was gedek met ‘n feëtjietema in pienk.

Fyngebak vir teetyd.

Mev Maryna van der Merwe ontvang 65-jaar kenteken van Sirkel President, Saretha Pieterse

Die gasspreker, Nicolette Steel (regs), saam met mev Erika Lubbe

Takwenners – Volop-tak, agter vlnr Lientjie Maritz, Jakkie van Schalkwyk, Annette Lombard, Elzahn Fourie en Vicky Kruger. Voor vlnr Ilze Coetzee en Nicolene Jacobs.

Sirkelbestuur – Sirkel Griekwaland-Wes, agter vlnr Hen Via Beukes, Lientjie Maritz, Ilze Coetzee, Ina Pretorius, Martie Maritz, Amanda Duvenhage en Ronel Dippenaar. Middel vlnr Nicolene Jacobs, Elzahn Fourie en Tokkie Fourie. Voor sittende vlnr Jorietha Kirsten, Saretha Pieterse en Ruby Kriel.

Gasvroutak – Postmasburg. Agter vlnr Linda Koorzen, Irene Vos, Jorietha Kirsten, Ronel Dippenaar, Benita Claassens en Naomi Lambrechts. Voor sittende vlnr Maryna van der Merwe en Martie Thiart.

Wegneempakkies met sorg verpak.